Leesplan inligting

Vyf Gebede van NederigheidVoorbeeld

5 Prayers of Humility

DAG 1 VAN 5

Gebed 1: “Here, Maak my Nederig.”

Nederigheid voor God is van kardinale belang; die eenvoudige gebed van "Here, maak my nederig!" kan jou lewe verander.


Soos met enigiets anders, kan ons egter nie sonder die hulp van God nederig word nie! Ons kan niks doen sonder sy hulp nie. Onthou wat Jesus in Johannes 15:5 gesê het: Sonder Hom kan ons niks doen nie!


Waarom moet ons God vra om ons nederig te maak?

Eerstens sê 1 Petrus 5:5-6 vir ons dat God die hoogmoediges weerstaan, maar aan die nederiges genade gee. God se Woord wys ook vir ons dat Jesus nederig was en ons is natuurlik veronderstel om Jesus se voorbeeld na te volg.


Op die reis na nederigheid is ons rol om onsself elke dag opnuut aan Jesus oor te gee. Wanneer ons dít doen, en daarop fokus om oomblik vir oomblik in Christus te bly, sal Hy sy deel doen — om ons harte te verander en ons na sy beeld te vorm. God alleen het die mag om ons harte te verander.


God sal jou skoon hande en 'n rein hart gee as jy Hom vra om dit te doen.

Ek vra Hom byna daagliks hiervoor. (Ek wens dat ek elke dag vra, maar soms vergeet ek). Elke keer as ek Hom egter vra om my nederig te maak, voel ek hoe Hy my 'n bietjie nader aan Homself trek.


Hy sal dieselfde vir jou doen. As jy die Here elke dag sal vra om jou nederig te maak, sal Hy jou herskep en jou help om voor Hom te wandel in heiligheid en intimiteit met Homself.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

5 Prayers of Humility

Het jy meer van God se genade, guns en seën nodig? Bid dan hierdie vyf eenvoudige gebede van nederigheid, en vra die Here om aan jou guns te bewys en jou te help. Hy sal jou gebed verhoor; Hy gee genade aan die nederiges...

More

Ons wil graag vir From His Presence Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.fromhispresence.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid