Geskep om Skeppend te WeesVoorbeeld

Jy is geskape om kreatief te wees.
Ek het dit al keer op keer gehoor: "Ek is net nie die kreatiewe tipe nie." Wel, ek is hier om te sê dat so 'n stelling onmoontlik is. Jy is 'n mens, of hoe? Kom ons begin met daardie aanname en vat dit verder. As jy 'n mens is, deel van die mensdom, is jy na God se beeld geskape.
Neem dit net vir 'n oomblik in. JY is na die beeld van God geskape. Wat 'n kragtige en ontsagwekkende ding dat die Skepper Homself as die bloudruk vir óns gebruik het.
Dus, ons is na sy beeld geskape en Hy het ons geskape. Hy het alles geskape. Hy is die Skepper. Ek dink dit verg kreatiwiteit om 'n skepper te wees, dink jy nie so nie? Sien jy waarheen ek hiermee op pad is?
Ja! Jy is na die beeld van die Skepper geskape, so jy kan nie wegkom van die feit dat jy, ja JY, kreatief is nie.
Dit maak nie saak of jy tipe A, tipe B, 'n regs- of linkshandige, introvert of ekstrovert is nie. JY is kreatief.
Kreatiwiteit kan natuurlik op verskillende maniere uitgeleef word. Dit beteken nie noodwendig dat jy kunstig, modieus, musikaal of begaafd is in skilderkuns of ontwerp nie. Hierdie besef sal nie jou stokmannetjies in beeldende kuns omskep nie.
Maar kreatiewe talente kan in skryfwerk, wetenskap, tegnologie, atletiek en selfs wiskunde getoon word. Daar is oneindige maniere waarop kreatiwiteit elke dag gebruik kan word, van probleemoplossing tot mensebestuur, aanmoediging tot empatie.
Is jy gereed om jou kreatiewe kant te verwelkom?
- Neem 'n paar minute om oor jou kreatiwiteit na te dink. Skryf daaroor in 'n joernaal, as jy een hou. Op watter maniere is jy kreatief?
- Dank die Here dat Hy jou geskep het om kreatief te wees en vir die spesifieke kreatiewe talente waarmee Hy jou geseën het.
- Vra vir God om jou te wys hoe jy daardie kreatiewe talente tot sy eer kan gebruik.
- Soek na geleenthede om jou kreatiwiteit te gebruik om ander te seën.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Verwelkom jou kreatiewe kant en gebruik dit tot God se eer. Hoe gebruik jy jou kreatiwiteit? Of dit nou in skilderkuns, ontwerp, bouwerk of selfs wiskunde sigbaar is — ons is almal deur God met die gawe van kreatiwiteit geseën. Streef jy na die lof van mense of materialisme? Of gebruik jy jou kreatiwiteit om God te verheerlik?
More