Leesplan inligting

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?Voorbeeld

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?

DAG 4 VAN 7




Hoop op Redding en die Einde van die Bose

Om 'n wêreld sonder gewelddadige konflik of dood voor te stel grens aan die onmoontlike, tog smag ons almal daarna. Hoe kan ons hoop op iets wat ons onsself skaars kan voorstel? Die antwoord het dalk iets te doen met die Dag van die Here.

In die Bybel verwys die Dag van die Here nie na een dag nie, maar na baie verskillende gebeurtenisse, gelukkig of hartseer, met een gemeenskaplike kenmerk—God wat mense red en die bose in die wêreld uitroei. As jy dit geniet om kwaad te doen en daarby baat vind, dan is die Dag van die Here vir jou treurig. Maar as jy die kwaad haat en na goedheid smag, dan is die Dag van die Here wonderlik.

Jesus daag op en dit verteenwoordig 'n groot Dag van die Here. Hy begin om boosheid te vernietig, maar nie met geweld teen mense nie. Hy vernietig boosheid deur vrygewiglik mense te genees en te vergewe. Sy mag is deur liefde, nie dwang of geweld nie. Na sy kruisiging en opstanding, moontlik die belangrikste Dag van die Here tot dusver, praat Jesus van 'n ander Dag van die Here wat nog op pad is- wanneer Hy terugkeer, wanneer die wêreld waarop ons hoop 'n werklikheid word. Mag daardie wonderlike dag gou kom!

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?

BibleProject het hierdie plan ontwerp om individue en groepe te help om oor die tema van hoop na te dink. Wat is die verskil tussen optimisme en opregte, lewende hoop? Ons verken Bybelse woorde vir “hoop” en ontdek hoopv...

More

Agradecemos ao BibleProject por fornecer esse plano. Para mais informações, visite: www.bibleproject.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid