Leesplan inligting

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?Voorbeeld

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?

DAG 1 VAN 7




Hoop Versus Optimisme

Dink jouself in hoe dit voel om te wag vir 'n werksaanbod wanneer jy regtig 'n werk nodig het. Stel jouself dan die gevoelens voor wanneer jy 'n geliefde verloor. Daardie ervarings is baie verskillend, maar hulle deel die begeerte vir 'n beter lewe; 'n beter situasie as die huidige een. Dit is waar baie mense hulle tot optimisme wend.

Maar wat as optimisme die manier waarop ons op 'n nuwe toekoms hoop, verdraai?

Optimisme is dikwels onpersoonlik en hou nie tred met ons emosie nie en daarom maak dit staat op omstandighede as 'n kompas. Bybelse hoop is anders omdat dit 'n keuse is om op 'n persoon (Jesus) te steun, en nie op ons omstandighede nie. Die Bybelse skrywers praat baie van hoop, en terwyl hulle vir dieselfde dinge hoop waarvoor ons almal hoop - vrede, veiligheid, genesing, liefde - is "hoop" nie vir hulle op dinge of goed gefokus nie. In plaas daarvan is dit op die belofte en mag van God gefokus. Daarom skryf hulle goed soos, “My hoop is in U, God!" (Ps. 39:8)

Anders as optimisme wat net die oppervlakte meet, gaan Bybelse hoop dieper om te vra dat Jesus ons in ons hartseer of afwagting sal ontmoet. Jesus herinner sy vriende dikwels daaraan dat hulle nie kan verstaan hoe alles werk nie—waarom mense mekaar benadeel, hoekom siekte voortduur, of wanneer die bose uiteindelik sal eindig. Maar Hy belowe om die wêreld te herstel en Hy nooi ons uit om by Hom aan te sluit om die wêreld te herstel.

So vind ons hoop in elke Jesus-agtige daad van liefde, vergifnis en vrygewigheid. Sy lewe, dood en opstanding is die anker vir ons hoogste verwagtinge dat Jesus eendag weer sal kom om alle verkeerde dinge reg te maak.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?

BibleProject het hierdie plan ontwerp om individue en groepe te help om oor die tema van hoop na te dink. Wat is die verskil tussen optimisme en opregte, lewende hoop? Ons verken Bybelse woorde vir “hoop” en ontdek hoopv...

More

Agradecemos ao BibleProject por fornecer esse plano. Para mais informações, visite: www.bibleproject.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid