Leesplan inligting

Vind ware geluk: Oordenkings met John PiperVoorbeeld

Finding Real Happiness: Devotions with John Piper

DAG 2 VAN 3

Mense wat in Jesus glo, is kosbaar vir God (ons is sy bruid)! Hy het ons só lief dat hy nie sal toelaat dat ons kosbaarheid ons god word nie.



God dink beslis baie van ons (Hy het ons aangeneem!), maar Hy doen dit op so 'n manier dat ons verby onsself kyk en sy grootheid kan geniet.



Toets jouself. As Jesus 'n dag saam met jou kom deurbring, langs jou op die bank kom sit en sê: "Ek is baie lief vir jou", waarop sal jy konsentreer vir die res van die dag wat julle saam is?



Ek dink daar is so baie liedere en preke wat vir ons verkeerde antwoorde gee. Hulle skep die indruk dat ons net vreugde kan ervaar as ons aanmekaar geliefd voel. "Hy is lief vir my!" "Hy is lief vir my!" Dit is ware vreugde. Dit is egter nie die hoogtepunt en fokus nie.



Wat sê ons met hierdie woorde: "Ek is geliefd"? Wat bedoel ons? Wat beteken dit "om geliefd te wees"?



Sal dit nie die grootste vreugde wees as ons Jesus heeldag kan dophou en aanmekaar kan sê: "U is wonderlik!" "U is wonderlik" nie?




  • Hy beantwoord die moeilikste vrae en sy wysheid is wonderlik.

  • Hy raak aan 'n vuil, septiese wond en sy deernis is wonderlik.

  • Hy wek 'n dooie vrou in die dokter se spreekkamer uit die dood op en sy krag is wonderlik.

  • Hy voorspel wat die middag gaan gebeur en sy voorkennis is wonderlik.

  • Hy slaap gedurende 'n aardbewing en sy vreesloosheid is wonderlik.

  • Hy sê: "Voor Abraham daar was, was EK IS" en sy woorde is wonderlik.



Ons loop in verwondering saam met Hom as gevolg van dit wat ons sien.



Is dit nie wat liefde is nie: sy gretigheid om alles vir ons te doen wat Hy moet doen (selfs om vir ons te sterf), sodat ons verwonderd oor Hom kan staan en nie deur Hom vernietig word nie? Verlossing, versoening, vergifnis, regverdiging en herstel — elkeen moet plaasvind. Hulle is die daad van liefde.



Die doel van liefde wat daardie dade liefdevol maak, is dat ons by Hom kan wees, sy heerlikheid kan sien en verwonderd staan. In daardie oomblikke vergeet ons van onsself en sien en ervaar ons Hom.



Ek doen dus 'n beroep op predikers en leraars: Help mense om verby die dade van God se liefde te kyk sodat hulle die doel van sy liefde kan raaksien. As verlossing, versoening, vergifnis, regverdiging en herstel ons nie na Jesus self toe neem nie, is dit nie liefde nie.



Beklemtoon dit. Dit is waarvoor Jesus gebid het.


"Hoekom is jy opgewonde dat Jesus jou liefhet?"


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Finding Real Happiness: Devotions with John Piper

God dink baie van ons. Sy oogpunt is dat ons minder op onsself ingestel sal wees sodat ons sy grootheid kan geniet. In hierdie drie-dag leesplan, dwing John Piper die lesers om verby Jesus se dade van liefde te kyk om so...

More

We would like to thank John Piper and Desiring God for providing this plan. For more information, please visit: www.desiringgod.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid