Oorweldig deur My Seëninge: Aanmoediging vir Mammas (Deel 4)Voorbeeld

Ek het baie jare gelede, toe my kinders jonk was, op 'n gedig van Annie Johnson Flint afgekom. Ek het 'n kopie gemaak en dit vir jare op my spieël geplak as 'n herinnering dat druk oor en oor sal kom. Annie se lewe was vol druk. Haar ma is na haar jonger suster se geboorte oorlede. Haar pa het hulle aan 'n ander familie, die Flints, gegee, wat albei gesterf het toe Annie en haar suster in hul tienerjare was.
Pas uit die hoërskool wou Annie skoolhou, maar artritis het haar lamgelê. 'n Jong vrou in haar twintigs, nou in 'n rolstoel, het afhanklik van ander die lewe geleef. Sy het nooit getrou nie, en was ook nie 'n ma nie, maar haar lewe was meer vol teleurstellings en moedeloosheid as wat die meeste van ons sal verduur. Haar lewe was moeilik. Sy was onder druk. Die vraag bly staan: wat sal ons kies om te doen wanneer daardie druk of moedeloosheid kom?
So intens gedruk dat dit bo jou kragte lyk;
In die liggaam en in die siel gedruk,
In die gedagtes gedruk totdat die donker opwellings rol;
Gedruk deur vyande, en onder druk van vriende;
Druk op druk, totdat die lewe amper eindig;
Gedruk om lief te wees vir die stok en staf,
Gedruk om te weet geen helper behalwe God nie;
In vryheid gedruk waar niks kleef nie,
In geloof gedruk vir onmoontlike dinge;
Gedruk om 'n lewe vir die Here te leef,
Gedruk om 'n uitgestorte lewe-vir-Christus-lewe te leef.
Annie Johnson Flint (1866-1932) [vrylik vertaal]
Vader, ek verlang na die ewige, geloofsvervulde uitkyk van Annie Flint. Gee my oë om die druk van die lewe te sien as werklike geleenthede om my teleurstellings te verruil vir u vreugde, en my moedeloosheid as 'n geleentheid om aan U eer te bring. Mag hierdie woorde van haar waarheid in my hart wees en 'n herinnering dat ek net deur U die krag, vryheid en 'n lewe van doel sal vind. Herinner my vandag, soos die druk kom, dat U in al my behoeftes voorsien.
Oorweeg dit vandag om hierdie Skrifgedeeltes uit die Boodskap te lees.
Aangaande hierdie leesplan

Aanmoeding vir ma's, van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 4 van 12 in hierdie reeks van oordenking-leesplanne deur Robin Meadows.
More