Oorweldig deur My Seëninge: Aanmoediging vir Mammas (Deel 4)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 4)

DAG 3 VAN 5

'n Rukkie gelede het ek my vier jongste kleinseuns, ouderdomme van vyf tot tien, na Sonic geneem. Op daardie pragtige sonskyndag het ons buite by 'n tafel gesit terwyl hulle hul ysdrankies en lekkergoed geniet het. Die geterg en geklets het vinnig oorgegaan in minder aangename grappies, want jy weet mos ... seuns. Om van daardie suiker-aangedrewe energie ontslae te raak, het ons 'n paar speletjies begin speel, wat natuurlik baie vinnig in kompetisies ontaard het. Die area was 'n bietjie met gemors bestrooi, en een van my kleinseuns het op 'n sapboksie getrap. Terselfdertyd het een van die ander op die regte oomblik verbygehardloop en ou vrugtesap het oor sy voet gespuit. Oproerige gelag het gevolg.

Druk forseer altyd dit wat binne is, na buite.

Vir ons kan dit die druk van te veel verpligtinge wees. Dikwels is dit net die herhalende, oorweldigende daaglikse take en gesinsverhoudings wat klaarblyklik meer is as wat ons kan hanteer. Ons is onder druk om dit alles gedoen te kry. Om betyds by die werk aan te kom met 'n goeie gesindheid. Om drie keer per dag 'n maaltyd voor te sit! Die konstantheid daarvan om klere en vloere en badkamers skoon te hou. Om twee-jariges of tiener houdings te hanteer. Om hard daaraan te werk om intimiteit met ons wederhelf te vind.

Wanneer druk kom, word alles wat binne is, uitgedruk en dit kan soms almal in die omgewing besmet. Ons harte is ontbloot, en die gemors is nie lekker nie.

Eerder as om op hierdie punt 'n skuldgevoel te kry, kom ons praat oor daardie gemors. Dit is oop vir almal om te sien. Wat gaan ons nou daaraan doen? Dit weer terug forseer of vir die volgende druk tyd wag om ons weer van voor af te ontbloot? Of sal ons die sonde herken, dit noem wat dit werklik is, en die lig van sý teenwoordigheid toelaat om in ons donker harte te skyn?

Dit is 'n geleentheid. Sal jy dit vermors? Bely daardie woede, vrees en beheer wat jou laat ontplof en beweeg vorentoe. Die volgende keer as daar druk kom, sal jy op jou hoede wees. Geen ou, stink sap sal jou hart regeer nie!

Vader, my lewe is vol druk. Soms kan net nog één ding wat by my reeds oorvol dag gevoeg word, my laat ontplof en die gevolge is nie mooi nie. Ek bely hierdie sonde in my hart, en vra U om my moed en vrymoedigheid te gee om U toe te laat om my hart met u liefde te lei. Ek weet sommige van my druk is deur my eie toedoen, dus vra ek U om die areas wat ek kan wegsny aan my te openbaar om my las ligter te maak. Gee my moed om die belangrike bo die dringende te kies, die ewige bo die vlugtige. Help my om U in te asem, met die erkenning dat dit net nog een geleentheid is om U te kies.

Oorweeg dit om hierdie Skrifgedeelte uit die Boodskap te lees.

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 4)

Aanmoeding vir ma's, van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 4 van 12 in hierdie reeks van oordenking-leesplanne deur Robin Meadows.

More

Ons wil Robin Meadows graag vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://Instagram.com/manymeadows