Leesplan inligting

Van Egskeiding na Genesing: Oorleef en FloreerVoorbeeld

Divorce To Healing: Survive And Thrive

DAG 4 VAN 7

"Oorleef en Floreer: Dag 4"



God het aan my 'n baie spesiale woord gegee toe ek begin het met my helingsproses. Dit het deur al hierdie jare by my gebly en ek het dit met so baie mense gedeel. Dit is wat my weer van die vloer af laat opstaan het.



"Jesus en ek gaan voort!!"



Dit het daardie dag dag vir my die versekering gegee dat God by my en vir my is in hierdie tyd. Dit het baie seer gemaak, maar daardie vyf woorde het my deur so baie slegte tye gedra.



Die grootste openbaring aan my in daardie woorde, was dat ek geborge sal wees, al gebeur wat ook al. Soos wat ek vorentoe beweeg, sal God saam met my gaan.



Dit praat van aksie. Dit praat van sy liefde vir my. Dit praat van 'n toekoms.



Sien jy jouself op die oomblik as vasgeval? Vra jy die vraag of daar iets meer vir jou wag om na vorentoe te gaan?



Ek het eerstehandse kennis dat God jou vir 'n wonderliker lewe kan heelmaak. Ek het die diepte van God se liefde ervaar, soos nooit van tevore, deur op Hom te vertrou om my deur die moeilike tye te dra.



Daar is altyd hoop as jy na Jesus kyk. Daar is altyd 'n God wat jou wil oplig en jou hand vashou terwyl Hy saam met jou loop.



Dit praat ook van trek of verandering van blyplek. Natuurlik gebeur dit dat mense gedurende egskeiding uit hulle huise na 'n nuwe blyplek trek. Dit is meer as dit. Dit praat van 'n verandering van omgewing, 'n nuwe uitkyk en 'n nuwe manier om na dinge te kyk.



Dit is die tyd wat jy nodig het om aan te beweeg vanaf vernietigende gedagtes en gedrag.

Dit is die tyd om aan te beweeg vanaf beskuldigings, pyn en vrees. Dit is die tyd om te beweeg na 'n beter verhouding met God en te beweeg na alles wat Hy nog vir jou het.



Moenie jou lewe mors deur nie heel te word en net te bestaan nie. Kom aan die gang!!
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: Survive And Thrive

Tydens egskeiding, asook ander baie moeilike tye, kom daar 'n oomblik wanneer jy sal wonder of jy dit ooit sal maak. In die volgende 7 dae, sal dit vir jou moontlik wees om met God kontak te maak deur gebed, advies en pl...

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://divorcetohealing.blog

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid