Leesplan inligting

Van Egskeiding na Genesing: Oorleef en FloreerVoorbeeld

Divorce To Healing: Survive And Thrive

DAG 2 VAN 7

"Oorleef en Floreer: Dag 2"



Ek is nie seker presies waar of wanneer ek iemand hierdie gebed hoor bid het nie. Ek het dit die eerste keer gebid toe ek met my genesingsproses na egskeiding begin het, en ek bid dit oor my gesin elke oggend tot vandag toe.



Herhaal agter my aan:



"Jesus, mag elke komplot, plan en aanval van die vyand teen my (gesin, werk, situasie, ens.) aan die lig gebring word en elke keer verydel word!"



Dit fokus op drie maniere waarop die vyand 'n invloed het op ons proses. Dit vestig ons aandag daarop hoe ons God se krag nodig het om vorentoe te beweeg.



komplot — 'n plan, 'n onderduimse sameswering (die vyand se plan)



plan — iets wat gemaak is vir 'n spesifieke doel (die vyand se wapen)



aanval — aanslag, aanrand (die vyand se stryd teen ons)



Dit fokus ook op twee gewenste en spesifieke aksies waarvoor ons God se hulp nodig het om die komplot, plan en aanval te hanteer wat na ons kant toe kom.



bring aan die lig — beligting, bewustheid



verydel — om suskesvol teen te staan, te frustreer of te verwar, verhinder om 'n doel te bereik



Dit is wat die gebed in der waarheid sê:



"God, watter planne die vyand ook al het, wie en wat hy ook al wil gebruik om daardie plan uit te voer, en watter stryd hy vir my voorberei het, maak my volledig bewus daarvan en maak dit totaal onsuksesvol teen my."



Wat 'n kragtige gebed. Jy vra God om seker te maak dat jy elke plan, wapen en aanval van die vyand sal sien, en dat Hy seker sal maak dat dit nie suksesvol is nie.!!



Dit het my jare geneem om uiteindelik die krag van hierdie woorde te sien. Nou kan ek geloof hê, wetend dat God my sal waarsku en my sal toelaat om te sien waardeur ek gaan. Hy gee my die geloof om te weet dat Hy na my kyk. Wanneer die vyand kwaad bedoel, sal God seker maak dat dit vir my goed uitwerk.



Bid hierdie gebed elke dag in elke situasie. Kyk hoe jou geloof sterker word. Kyk hoe God jou beskerm as jy ophou wonder hoe om voorbereid te wees en leer hoe om in jou huidige stryd te veg, asook dié wat nog gaan kom.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: Survive And Thrive

Tydens egskeiding, asook ander baie moeilike tye, kom daar 'n oomblik wanneer jy sal wonder of jy dit ooit sal maak. In die volgende 7 dae, sal dit vir jou moontlik wees om met God kontak te maak deur gebed, advies en pl...

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://divorcetohealing.blog

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid