Leesplan inligting

In die Lig van Sy Genade Voorbeeld

In die Lig van Sy Genade

DAG 1 VAN 5

“God sal vergewe en vergeet” In die Ou Testament het die mense baie meer gereken op God se genade as wat ons dalk dink. Hulle het geglo God ken die mens, Hy weet dat hy feilbaar is; dat God nie vir ewig vir sy volk kwaad sal bly nie, al het hulle oortree. So het hulle sy genade verstaan. Die Nuwe-Testamentiese perspektief is dat God se genade in Jesus Christus nog veel groter is. In elk geval, God sê in Jesaja 43:25 (Bybel in Afrikaans 1983/1992) die Jode se sonde is nou vergewe. Dan lees ons iets moois: God “dink nie meer aan hulle sonde nie”. Dit laat ons die vraag vra: Wat gebeur as ons nooit meer aan iets dink nie? Dit vervaag in ons gedagtes, nie waar nie? Ja, ons vergeet mettertyd … Sien jy? God “vergewe en vergeet” – nie letterlik nie, maar op grond van sy keuse. Vergifnis is om te besluit om nie weer aan ’n oortreding te dink nie. So het God eenvoudig besluit om nie meer aan jou sonde te dink nie. Hy wil net nie. Hou jy nou maar ook op om daaraan te dink. GEBED: Here, dankie vir u vergifnis! Amen. BELOFTE VIR DIE DAG: As jy gevra het dat God jou sonde vergewe, BELOWE Hy dat Hy jou totaal en al sal vergewe en dan ook nooit ooit weer daaraan sal dink nie. Hierdie oordenking is geneem uit IN DIE LIG VAN SY GENADE deur Jimi le Roux © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

In die Lig van Sy Genade

God se beloftes dra ons en getuig van sy genade. Dit is die bemoediging wat Jimi le Roux jou bied in hierdie 5-dag-plan waar die fokus val op God se nimmereindigende genade. Die oordenkings is geneem uit Jimi se dagboek ...

More

Ons wil graag Jimi le Roux © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid