Leesplan inligting

Om by Jesus te Wees: Afsondering en StilteVoorbeeld

Being With Jesus: Solitude and Silence

DAG 3 VAN 4

Afsondering Is 'n Gawe Aan Ons Gemeenskap


Jesus het in die bergrede gesê: “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstander, en dit gee lig vir almal in die huis" (Matteus 5: 14-15).


As "die lig van die wêreld," moet ons nie die innerlike herskepping in ons siele in ons openbare lewens wegsteek nie. Henry Nouwen het eenkeer geskryf: "Wat ons in die mees intieme plekke van ons wese uitleef, is nie net vir ons nie, maar vir alle mense. Dit is hoekom ons innerlike lewe ook vir ander is. Daarom is afsondering 'n gawe aan ons gemeenskap, en daarom beïnvloed ons geheime gedagtes ons gemeenskaplike lewe."


Ons innerlike lewe het die krag nodig wat in opregte gemeenskap gevind word om ons ligte helder te laat brand. Net so het ons gemeenskappe ons gawes wat uit afsondering gebore is, nodig om "lig te gee aan almal in die huis." Ons moenie dubbele lewens lei nie.


Is jy een persoon in jou private lewe en 'n ander in jou openbare lewe?


Indien wel, verwyder die "maatemmer" wat jou lamp wegsteek sodat die wêreld die lig van Christus kan sien wat helder binne-in jou brand.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Being With Jesus: Solitude and Silence

Het jy geweet dat God jou as sy beeld geskep het? En dat jy 'n unieke doel in God se koninkryk het? In hierdie leesplan gaan ons kyk hoe jou unieke persoonlikheid jou stiltetyd met God beïnvloed, hoe jou stiltetyd met Je...

More

Ons wil graag OnThe3rdDay bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.onthe3rdday.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid