Leesplan inligting

Om by Jesus te Wees: Afsondering en StilteVoorbeeld

Being With Jesus: Solitude and Silence

DAG 1 VAN 4

Wat is Afsondering en Stilte?


Afsondering is die doelbewuste stap om onsself van ander te verwyder om net God se teenwoordigheid op te soek. Die meeste van ons se dae is so vol met aktiwiteite wat min ruimte laat om werklik alleen te wees. Van die oggend tot die aand is ons bedrywig met die lewe in ons gesinne, met vriende, kollegas en bure. Baie tyd en energie word in hierdie normale verhoudings belê.


Wanneer ons onsself afsonder, kies ons egter om onsself uit die gemak van ons daaglikse verhoudings te neem. Hierdie verhoudings gee vir ons sin en doel en laat ons veilig voel. As man en vrou het ons mekaar lief en sorg ons vir mekaar. As ouers sorg, leer en lei ons ons kinders. As kollegas werk ons saam met mekaar om ons Godgegewe talente uit te brei en te laat groei. As bure belê ons in diegene wat om ons woon om God se koninkryk te bevorder en die uiteenlopende verhale te geniet van dié wie se lewens so anders as ons s'n lyk.


In afsondering tree ons tydelik weg van ons daaglikse verantwoordelikhede teenoor ons gemeenskap. Afsondering is nie net om alleen te wees of 'n poging om die belangrikste verhoudings te ontsnap wat God in ons lewens geplaas het nie. Ons is nie geskep om alleen te leef nie; om dus te ontwikkel om soos Christus te wees, moet ons betrokke raak by die belangrike rol wat gemeenskap in ons lewe speel. Baie Christene loop egter dikwels ons belangrikste verhouding mis. Ons versuim dikwels om alleentyd met God, sonder afleidings, in te ruim. In afsondering beweeg ons dus weg van ons natuurlike verbintenisse waarvoor ons so lief is, om doelbewus op ons verhouding met God te fokus.


Oor die volgende drie dae gaan ons in hierdie leesplan kyk hoe jou unieke persoonlikheid jou stiltetyd met God beïnvloed, hoe stiltetyd saam met Jesus vir jou en jou gemeenskap 'n gawe is en hoe ons as 'n gemeenskap van Christus-volgelinge, mekaar nodig het om meer soos Jesus te word.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Being With Jesus: Solitude and Silence

Het jy geweet dat God jou as sy beeld geskep het? En dat jy 'n unieke doel in God se koninkryk het? In hierdie leesplan gaan ons kyk hoe jou unieke persoonlikheid jou stiltetyd met God beïnvloed, hoe jou stiltetyd met Je...

More

Ons wil graag OnThe3rdDay bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.onthe3rdday.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid