Leesplan inligting

Keuses wat suksesvolle paartjies maakVoorbeeld

Keuses wat suksesvolle paartjies maak

DAG 6 VAN 7

Kies om onuitgesproke waarhede te konfronteer

Sommige van die bedrieglikste en mees afbrekende elemente in ’n huwelik is die aannames wat huweliksmaats oor mekaar maak. Aannames is soms gebaseer op vorige ondervindings wat geïnterpreteer of gebaseer is op minimale feitelike inligting. Dit is idees wat aangeneem word en later deel van die realiteit van ’n verhouding word.

Die probleem met aannames is dat hulle word wat ek noem “onuitgesproke waarhede”. Dit is aannames wat dalk waar is of dalk nie, maar as waarhede in die huwelik aanvaar word. As dit eers aanvaar is, sal huweliksmaats nie meer moeite doen om dit te verander nie. Hierdie “onuitgesproke waarhede” vorm die basis waarop huweliksmaats teenoor mekaar optree en dryf baie van wat in die verhouding gebeur. As huweliksmaats eers begin om hierdie idees as gegewens in die verhouding te aanvaar, raak dit boublokke waarop hulle die verstaan van mekaar baseer.

Kan jy enige van die volgende “onuitgesproke waarhede” in julle verhouding herken?

  • Hy gee meer om vir sy werk as vir my.
  • Sy het verander toe ons kinders gehad het; hulle is altyd belangriker as ek.
  • Hy sal nooit verander nie – dit is eenvoudig wie hy is.
  • Dit maak nie saak wat ek doen nie, sy sal nooit regtig vir my lief wees nie.
  • Hy sê hy werk oortyd ter wille van ons, maar ek dink dit is om iets aan homself te bewys.
  • Ek dink hy hou van die idee van ’n huwelik, maar nie van die werklikheid om met my getroud te wees nie.

Ek het al gesien hoe paartjies hoop vind in die herskepping wat plaasvind wanneer hulle gewillig is om daaraan te werk om die “onuitgesproke waarhede” in hul huwelik te ontbloot. Iets kragtigs gebeur wanneer huweliksmaats gewillig is om kwesbaarheid te waag, te sê wat hulle seermaak en die ander persoon eerste in hulle huwelik te stel. Dieselfde kan waar word in julle huwelik.

As julle begin om die aannames in julle verhouding te identifiseer en eerlik hierdie “onuitgesproke waarhede” met mekaar deel, kan julle ’n duidelike keuse maak om julle lewe saam anders te leef.

So baie paartjies ontdek dat hulle toegelaat het dat hulle hele huwelik gebaseer word op aannames waarvan die meeste onwaar is. Wanneer ons die dapper besluit neem om hierdie “onuitgesproke waarhede” te konfronteer en dit nie langer te glo nie, verander ons verhouding drasties. Dit kan aan die begin oorweldigend wees, maar uiteindelik lei hierdie keuse tot genesing en waarheid.

Voltooi die volgende sinne so eerlik en akkuraat moontlik en deel dit met jou maat:

My maat verstaan nie dat ek _________________ nodig het nie.

As ek een deel van myself vir my maat kon verander, sou dit ___________________ wees.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Keuses wat suksesvolle paartjies maak

Ons almal beleef soms konflik, maar dit is HOE ons dit hanteer wat saak maak. Hierdie leesplan gaan jou uitdaag om konflik in jou huwelik te hanteer deur die beste keuses vir julle verhouding te maak. Jy het meer verantw...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/39242

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid