Leesplan inligting

Keuses wat suksesvolle paartjies maakVoorbeeld

Keuses wat suksesvolle paartjies maak

DAG 5 VAN 7

Kies om ontslae te raak van bagasie

Vandag se doel is om jou die verhoudingspatrone te help verstaan wat jy dalk van jou kinderdae of vorige verhoudings in jou huwelik ingebring het. Met kennis van hierdie patrone kan jy positiewe strategieë aanleer en oneffektiewes afleer. Om te leer om ou patrone te verander, behels dat jy dit besef en erken sodat jy daarteen kan optree.

Die patrone van die verlede, of dit uit jou kinderdae of vorige verhoudings kom, was op ’n stadium suksesvol en behulpsaam. Dié optrede en patrone het jou gehelp om uitdagings te oorkom in daardie tye. Maar hulle is dalk nie meer effektief nie as die redes waarom jy hulle ontwerp het nie in jou huwelik bestaan nie.

Ek wil iets deel wat volgens my ’n waardevolle vaardigheid is om ’n gesonde konflikhanteringsproses in julle huwelik te skep. ’n Baie effektiewe ouerskaptegniek is die “pouse”. Wanneer ’n kind se optrede buite beheer raak of ouers die rigting van ’n kind se optrede moet verander, kan hulle die kind in 'n “pouse” sit. Dieselfde beginsel kan wondere verrig in jou huweliksverhouding. Die doel is om te leer om saam te werk om terug te tree wanneer julle interaksie nie gesond is nie.

Enige een van julle kan vra vir ’n “pouse”, maar albei van julle moet die versoek respekteer. Daarmee saam moet julle albei julle begeerte laat gaan om die geveg te wén en vertrou dat ’n onderbreking die beste vir albei is. Om eenvoudig in te stem om die argument eers te laat wag, is baie beter as om goed te sê of doen wat mekaar seermaak. Die belangrike ding is egter om nie 'n “pouse” te gebruik as ’n manier om van die konflik weg te hardloop nie. Die een wat gevra het vir die onderbreking behoort vir die ander persoon te sê wanneer hulle gereed is om weer oor die kwessie te praat. Ek kan nie die belangrikheid van hierdie tegniek genoeg beklemtoon nie.

Deur die “bagasie” wat julle albei in die verhouding inbring uit julle familiegeskiedenis of vorige verhoudings in gedagte te hou, sal julle verstaan hoekom sekere gedragspatrone in julle verhouding voorkom. Iets so eenvoudig (maar nie maklik nie) soos 'n “pouse” is ’n vaardigheid wat duidelike stappe kan gee om afbrekende patrone in julle huwelik te verander.

Respekteer jou maat as hy of sy vir 'n “pouse” gedurende ’n argument vra. Hoe het dit gevoel om jou maat se behoefte aan ’n onderbreking bo jou behoefte te stel om die gesprek deur te voer?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Keuses wat suksesvolle paartjies maak

Ons almal beleef soms konflik, maar dit is HOE ons dit hanteer wat saak maak. Hierdie leesplan gaan jou uitdaag om konflik in jou huwelik te hanteer deur die beste keuses vir julle verhouding te maak. Jy het meer verantw...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/39242

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid