Leesplan inligting

Keuses wat suksesvolle paartjies maakVoorbeeld

Keuses wat suksesvolle paartjies maak

DAG 1 VAN 7

Die huwelik gaan oor keuses

Die hoofidee agter die herskepping van julle huwelik is dat julle keuses kan maak in sleutelareas om julle huwelik te herstel. Julle is in beheer van die konflik wat in julle verhouding plaasvind. Konflik op sigself is nie ’n slegte ding nie. Wat saak maak, is hoe ons dit hanteer. Konflik gebeur, maar ’n bakleiery hoef nie. Julle kan ander keuses maak. Die eerste groot keuse wat albei van julle moet maak, is om op te hou om te doen wat tot dusver nie in julle verhouding gewerk het nie.

Dink daaroor voor jy sê dit is ’n oorvereenvoudiging. Is die presiese plek om te begin nie juis om op te hou doen wat julle verkeerd doen nie? Julle moet leer wat nie werk in julle verhouding nie en die doelbewuste besluit neem om dit nie meer te doen nie. Dit is die enigste manier om nuwe maniere te probeer om probleme te hanteer.

Die tweede belangrike keuse om te maak, is om te besluit of julle gewillig is om as spanmaats saam te werk, eerder as om teen mekaar te kompeteer om julle eie individuele doelwitte te bereik. Jy kan die keuse maak om te doen wat jou maat nodig het, eerder as wat jy nodig het. Jy kan kies om jou maat te vergewe selfs wanneer jy voel hy of sy verdien dit nie. (Ons sal later praat oor wat vergifnis is en wat dit nié is nie.)

Die huwelik gaan ook oor hoop. Daar is die hoop dat, al het julle slegte keuses in die verlede gemaak, julle die manier waarop julle dinge doen, kan verander. Daar is die hoop dat julle verhouding en toekoms as ’n paartjie nie aan die genade van argumente en konflik oorgelaat is nie. Daar is die hoop dat die huwelik waarop jy gehoop het toe jy JA gesê het, nie net moontlik is nie, maar binne jou bereik is. En daar is altyd plek vir hoop; selfs al was daar nie voorheen nie.

Met so baie mense wat seer het en beskadigde huwelike kan ek dit nie genoeg beklemtoon nie: Jou huwelik is nie hooploos nie en jy is nie hulpeloos nie. Julle verhouding hoef nie op die pad te bly waarop dit is nie. Julle kan kies om keuses te begin maak wat julle huwelik sal herskep. Jy sal leer hoe om die proses te verstaan van wat gebeur wanneer jy en jou maat in konflik is en hoe om te fokus op die manier waarop julle mekaar behandel, eerder as dit waaroor julle verskil.

Watter deel van julle huwelik moet herstel word om vir jou ’n vars gevoel van hoop te gee? Neem ’n tree in daardie rigting.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Keuses wat suksesvolle paartjies maak

Ons almal beleef soms konflik, maar dit is HOE ons dit hanteer wat saak maak. Hierdie leesplan gaan jou uitdaag om konflik in jou huwelik te hanteer deur die beste keuses vir julle verhouding te maak. Jy het meer verantw...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/39242

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid