Leesplan inligting

’n Huwelik wat werkVoorbeeld

’n Huwelik wat werk

DAG 4 VAN 5

’n Prentjie van die liefde

Dalk het jy gedink jou huwelik gaan net oor jou en jou maat. As julle kinders het, is dit natuurlik vir hulle ook belangrik. Verder as dit het dit nie eintlik enigiets met enigiemand anders te doen nie, nie waar nie?

Dit is waar dat die vervulling tussen man en vrou in ’n hegte verbintenis die hoofdoel van die huwelik is. Daar is egter ook iets baie groters in julle huwelik aan die gebeur.

Dit is nie net ’n prentjie van menslike liefde nie. Dit wys heen na ’n goddelike geheimenis – die verhouding tussen Jesus en sy bruid.

God het die huwelik ontwerp om ’n weerspieëling van ’n kosmiese liefdesverhaal te wees!

  • God se verbond met sy mense is deur profete en rabbi’s gesien as ’n “verlowingseremonie” (Jer. 2:2).
  • Profete het oor mense se ongehoorsaamheid in terme van “ontrouheid” gepraat.
  • Jesus het na Homself verwys as die Bruidegom (Joh. 3:29; Luk. 5:34-35).
  • Hy het sy koninkryk met ’n huweliksonthaal vergelyk (Matt. 22:1-14).
  • Die boek Openbaring eindig met ’n troue (Op. 19:7; 21:2).

’n Menslike huwelik is ’n sigbare beeld van God se groter plan van sy ewige verbond met sy mense. Dit is hoekom dit onvoorwaardelike liefde vereis soos God se liefde en hoekom ’n man geroep word om sy vrou met opoffering lief te hê en haar skoonheid uit te bring (Ef. 5:26-27).

Dit klink dalk ’n bietjie intimiderend, veral in die lig van hoe onvolmaak ons huwelike vir ons lyk. Watter beter plek is daar om onvoorwaardelike liefde en genade te demonstreer as in ’n verhouding wat dit konstant nodig het!

Waar anders kan ons so in eenheid groei as in ’n verhouding wat ons geestelike eenheid met Christus voorstel! Die ongelooflike diepte en betekenis van die huwelik is een van die Meesterontwerper se grootste werke – ’n geskenk wat ons met sy hart en doel vir hierdie wêreld bind.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

’n Huwelik wat werk

God wil hê jy en jou huweliksmaat moet ’n wonderlike, vervullende huwelik hê – om beste maats, passievolle liefdesmaats en geestelike sielsmaats te wees. Twyfel jy of so ’n huwelik selfs moontlik is? God verseker ons dit...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/41173

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid