Leesplan inligting

Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 21 VAN 29




Hy is Betroubaar

Lees: Jesaja 35

SOAP: Jesaja 35:9–10

"Daar sal nie leeus op die pad wees nie, daar sal nie roofdiere op loop nie, hulle sal glad nie daar kom nie. Net die mense wat deur die Here gered is, sal die pad gebruik. Dié wat deur die Here verlos is, sal terugkeer, hulle sal juigend in Sion aankom, hulle sal altyd straal van blydskap, hulle sal vol vreugde en blydskap wees; ellende en smart sal verdwyn."

Oordenking

Dit voel soms moeilik om gedeeltes oor herstel of lof te lees wanneer ons in die middel van 'n tydperk van lyding is. Dit kan onmoontlik voel om bly te wees wanneer ons pyn oorweldigend is. Tog is dit wat Jesaja in sy profetiese bediening gedoen het: hy het die mense van Juda aangemoedig om bly te wees en God te loof, selfs wanneer hulle swaarkry en te midde van vernietiging.

Jesaja se woorde herinner ons om ons harte na God te keer en Hom te loof wanneer ons swaarkry. Hierdie gedeelte is spesifiek vir die mense van Juda geskryf, en waarsku hulle van hul komende vernietiging, maar bemoedig hulle met die hoop op toekomstige herstel. Alhoewel ons nie die oorspronklike gehoor is nie, vertel hierdie gedeelte vir ons soveel oor die karakter van die God wat ons liefhet.

Ons God is almagtig. Hy bemoedig sy volk, en Hy wreek diegene wat verontreg is. Hy laat die dowes hoor, die blindes sien en die kreupeles hardloop. Ons God bring water na 'n dorre woestyn en skep 'n weg vir sy volk om terug te keer. Hy verlos van slawerny, Hy verlos sy volk van dit wat hul verstrengel. Ons God kroon hulle met vreugde en oorweldig hulle met geluk.

Jy is dalk nie in 'n tydperk wat gekenmerk word deur oorweldigende vreugde nie. Dit maak nie saak nie, die karakter van God bly dieselfde. Hy is steeds die God wat herstel, beloftes nakom en jou met vreugde en geluk kroon. Jy kan Hom vertrou, dit maak nie saak wat jy in die gesig staar nie. Advent herinner ons aan die oneindige vreugde wat ons in Christus het. Ons hoef nie te vrees, ineen te krimp of weg te kruip wanneer ons lyding in die gesig staar nie. Deur God se genade kan ons met vreugde lewe selfs te midde van pyn. Ons kan sy goedheid verkondig selfs wanneer dit lyk of ons wêreld uitmekaar val.

Terwyl jy vandag jou tyd in God se Woord afsluit, vra Hom om jou met hernude vreugde te vul. Hy is met jou ongeag waarvoor jy te staan kom en Hy weet presies watter troos jy nodig het. Keer jou na Hom. Soek Hom. Vra na Hom. Hy is die Een wat 'n weg maak, en Hy maak vandag 'n weg vir jou. Laat Hy jou oorweldig met vreugde in hierdie wagtydperk.

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugd...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid