Leesplan inligting

Geanker in Hoop: Leesstukke uit die Nuwe TestamentVoorbeeld

Anchored in Hope: Readings From the New Testament

DAG 5 VAN 5

Dink na oor vandag se leesstuk met die volgende vrae:


  • Wat is sommige seëninge wat God aan sy kinders skenk volgens hierdie verse?
  • Wat is die verband tussen God se liefde vir ons en hoe ons ander liefhet?

Die Bron

God gee ons bemoediging, uithouvermoë, hoop, wysheid, krag, verlossing en vergifnis. Dis geskenke wat waarborge is vir hulle wat Hom vertrou en dit help ons met volharding tydens swaarkry: "sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang" (Kolossense 1:10). As ons ons in God se seëninge aan ons verbly, is ons bemagtig om ander te aanvaar en: "Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus. Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God" (Romeine 15:6-7). As eensgesinde kinders van God, kan ons mekaar bemoedig “op die hoop wat vir julle in die hemel bewaar word” (Kolossense 1:5).


Dink na oor jou verhaal:


  • Die Bybel gee ons hoop en bemoediging terwyl ons steun op God se beloftes. Hoe moet my houding en gedrag wees terwyl ek wag dat God se beloftes vervul word?

Goed om te probeer doen

Was hierdie leesplan leersaam? Ons het hierdie leesplan aangepas vanaf die "Hope Bible" (American Bible Society, 2022). Hier is 'n paar wenke vir die volgende stappe van jou reis.


  • Memoriseer 'n Bybelvers van hierdie leesplan wat jou daaraan herinner om op God te hoop wanneer jy pyn en terugslae beleef.
  • Skryf een verlies of teleurstelling neer wat vandag op jou neerdruk. As jy gemaklik voel, deel dit met 'n spesiale vriend. Lees dan Psalm 42 as 'n herinnering van God se teenwoordigheid tydens swaarkry.
  • Oorweeg om aan te sluit by 'n Trauma Genesing Groep om jou genesende reis te begin.
Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Anchored in Hope: Readings From the New Testament

Ons vestig dikwels ons hoop op dinge in die wêreld om ons – vir 'n bevordering, 'n beter verhouding, 'n hegter familie en genesing van siektes. Om egter net op aardse dinge te hoop, sal ons hoop beskaam word. Die Bybel s...

More

Ons wil graag die Amerikaanse Bybelgenootskap bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://traumahealinginstitute.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid