Leesplan inligting

’n Lewenspad vol vreugdeVoorbeeld

’n Lewenspad vol vreugde

DAG 6 VAN 7

Optimisme

In my tienerjare en my 20’s was ek dikwels aangevuur deur ’n onblusbare optimisme en ’n onwankelbare geloof dat die toekoms beter sal wees as die verlede. Deesdae weet ek die toekoms is nié altyd beter as die verlede nie – veral as ons dink beter beteken gelukkiger of in pas met wat ons dink die beste sal wees.

Maar soms ís die toekoms gelukkiger. Ek sou selfs sê dit is mééstal gelukkiger. En ’n toekoms wat aan God oorgegee is, is groter, ryker, dieper, breër en fantasties kleurvol buite die lyne ingekleur. Moenie moed opgee nie. Elke doelgerigte tree, met die een voet voor die ander, sal jou uitbring by die volgende asem­rowende uitsig – en uiteindelik by die ewigheid.

Jesus, ek kan nie wag om U in my toekoms te ontmoet nie! Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

’n Lewenspad vol vreugde

Voel jy soms asof jy skaars van dag tot dag oorleef? Nou is die tyd om nie net te probeer oorleef nie, maar om elke dag te floreer! Hierdie sewe vreugdevolle mini-oordenkings deur Dalene Reyburn sal jou help om daagliks ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid