Leesplan inligting

’n Lewenspad vol vreugdeVoorbeeld

’n Lewenspad vol vreugde

DAG 2 VAN 7

Coram Deo

Carpe diem – gryp die dag – het oor millennia heen die siening geword van mense wat voluit en met entoesiasme leef. Maar soms wanneer ons die dag vasgryp, offer ons wysheid op die altaar van begeerte.

Daar is ’n mooier lewensiening wat ons kan volg: coram Deo. Dit beteken “in die teenwoordigheid van God”. Dit beskerm die koers van ons lewe deur ons te stuur in die rigting van wysheid eerder as hedonisme, adrenalien of ’n behoefte om onsself te bewys. Om voor die aangesig van God, coram Deo, te leef is waar ek wysheid leer. Gou is dit die vrug van die Gees, vrede, vreugde en liefde, wat in my lewe na vore kom. Voor die aangesig van God, blom ek. In die hebsug na meer, verlep ek.

Here, help my om ten volle te leef, maar herinner my ook om altyd in u teenwoordigheid te leef, waar ek werklik vir ewig sal leef. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

’n Lewenspad vol vreugde

Voel jy soms asof jy skaars van dag tot dag oorleef? Nou is die tyd om nie net te probeer oorleef nie, maar om elke dag te floreer! Hierdie sewe vreugdevolle mini-oordenkings deur Dalene Reyburn sal jou help om daagliks ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid