Leesplan inligting

Hoop wat kaalvoet loopVoorbeeld

Hoop wat kaalvoet loop

DAG 3 VAN 14

“Lig en hoop” Ons leef in ’n tyd waarin dit voel of ons die Vrydag-van-die-kruisiging beleef. Ja, soms wonder ons of ons lewende Here sien hoe deurmekaar en stukkend hierdie wêreld is en of Hy nog in beheer is. Waarom lees en hoor ons dan van soveel korrupsie, lyding en pyn om ons? In sulke hooplose tye moet ons onthou dat daar ná die stikdonker Vrydag, toe ons Heiland gesterf het, ’n Sondag aangebreek het. ’n Sondag toe Hy, as opgestane Heer, gerusstellend aan sy treurende vriendinne by die graf gesê het hulle moenie bang wees nie. God se genade stop nooit by die donker tye van ons lewens nie. Dit loop deur die donker tonnel sáám met ons totdat daar weer lig en hoop is. Hy het 2 000 jaar gelede die dood oorwin en hemelse lig gebring. En vandag … doen Hy dit steeds. Selfs in hierdie deurmekaar eeu is Hy steeds die Lig. GEDAGTE VIR DIE DAG: Hou in jou donker tye vas aan die wete dat daar altyd ’n Sondag-van-lig ná die Vrydag-van-die-nag is omdat ons lewende God daar is. GEBED: Dankie dat U – die Here wat leef – vandag en môre by my is. Amen. Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hoop wat kaalvoet loop

Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom ...

More

Ons wil graag Milanie Vosloo / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid