Leesplan inligting

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™Voorbeeld

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™

DAG 7 VAN 21

“Jou hemelse Helper” Wie is jou helper? Wanneer jy die TV aanskakel of nuus luister – wat sien jy, wat hoor jy? Oor die wêreld disintegreer die ekonomiese klimaat. Aardverwarming is ’n werklikheid – dis nie net ’n hittegolf nie; die aarde brand uit! Ons voel nie eers meer veilig in ons huise nie. Die Midde-Ooste is in chaos en mense word daagliks vermoor. Jy begin wonder of daar ’n toekoms vir jou kinders is. Watter hoop bestaan daar nog vir die land waarin jy woon? Ek is net ’n eenvoudige boer, maar ek wil vir jou sê dat die Here Jesus Christus, die beste vriend wat nog ooit geleef het, wat in my donkerste tye by my was, dieselfde persoon is wat in die ongelooflikste tye ook by my was. Vandag sê Hy: “Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red” (Jesaja 41:10). Weet jy, party mense sê die glas is halfleeg; ek is een van daardie mense wat sê dat die glas halfvol is. Jesus Christus het my nog nooit in die steek gelaat nie. Hy is meer as my helper; Hy is my beskermer. Hy is die een wat oor my vrou waak as ek oorsee preek. Ek weet sy is veilig, want Hy stel engele op wag om ons huis. Ek wil jou aanmoedig om vandag te begin konsentreer op wat Jesus oor jou sê en nie te konsentreer op wat in die waansinnige wêreld aangaan nie. Kom ons bid en konsentreer op wat die Here sê. Ek is so opgewonde om te kan lewe, want die beste lê nog voor. Ek hoop dat ek sommer binnekort die Meester in sy volle glorie sal sien kom, want al die tekens is hier. Skep dus moed en wees vol hoop, want die Here het belowe dat Hy ons nooit sal verlaat nie. GEBED: Vader, ek kyk na al die hartseer, die wreedheid, die onregverdigheid en die boosheid in die wêreld, en ek wonder: Hoe lank gaan dit nog aangaan? Hoeveel kan die aarde nog verduur? Mag ek berusting vind in die feit dat U oor alles toesig hou en dat U mettertyd ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde sal maak. Amen. Geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS DEUR ANGUS BUCHAN © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™

Hierdie 21 dae-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed. H...

More

Ons wil graag Angus Buchan / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumuitgewers.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid