Leesplan inligting

Wysheid vir GeestesgesondheidVoorbeeld

Wisdom for Mental Health

DAG 4 VAN 5

Ligtoring Vier: Lees Skrifgedeeltes


Om aan hoop vas te hou, kan moeilik wees, veral wanneer jy uitdagings ten opsigte van geestesgesondheid ervaar. Die lewe kan chaoties voel, en dit kan moeilik wees om vorentoe te beweeg. Miskien kan jy nie die negatiewe praatjies van jou innerlike stem vryspring nie, en jy voel hoe jy in hopeloosheid wegsink.


Hoe kan jy jou negatiewe gedagtes onderdruk en dit vervang met lewegewende selfvertroue? Deur te doen waarmee jy die afgelope paar dae so goed was — om gereeld Skrifgedeeltes te lees.


Die Skrif versterk ons in die waarheid. Dit is altyd belangrik, maar des te meer wanneer ons uitdagings van geestesgesondheid in die gesig staar, wat dit maklik kan maak om in die ergste gebeurlikhede te glo. Sonder die waarheid om op te steun, kan ons uiteindelik onsself oortuig dat ons nooit gesond sal voel nie, of dat niemand ooit ons regte self sal ken nie. Terwyl ons gedagtes warrel, moet ons soms net aan iets ferm en waar vashou. Kom ons hou vas aan die waarheid en laat vaar die leuens.


Vandag lees ons 'n paar verse oor God en sy liefde vir ons. Laat die woorde weer oor jou spoel, en die ongesonde alleenspraak in jou gedagtes stil maak. Jy kan selfs kies om een van die verse te memoriseer, sodat jy dit kan herhaal wanneer jy alleen of hopeloos voel.


Oorweeg hierdie een:


"Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde" Psalm 103:8 AFR83.

Hierdie vers herinner ons aan God se liefde vir ons. Hy stap saam met ons deur beide gesonde dae en dae gevul met terugslae. Dit maak nie saak wat nie, Hy is teenwoordig, en Hy gee om. God sal deur sy genade, jou regdeur jou geestelike gesondheidsreis help.


Ons gedagtes is nie altyd in die waarheid gevestig nie. Die Bybel bevat egter die waarheid waarin ons kan rus. God is met ons, ongeag wat gebeur.


Bid: Vader, dankie dat U my deur die Skrif krag gee. Help my om elke dag u woorde te onthou sodat ek negatiewe gedagtes kan stilmaak. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wisdom for Mental Health

As jy oorweldig voel deur jou geestesgesondheid, is jy nie alleen nie. Die uitdagings kan verwarrend voel. Eendag voel jy dalk goed, maar die volgende dag word jy wakker en voel jy angstig, depressief of uitgebrand. Hier...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid