Leesplan inligting

Wysheid vir GeestesgesondheidVoorbeeld

Wisdom for Mental Health

DAG 2 VAN 5

Ligtoring Twee: Betroubare Vriende


Op die oop see, in die middel van die storm, verloor jy die vertroue dat jy daardeur sal kom. Dan sien jy egter 'n flikker in die verte en kry 'n gevoel van hoop. Hoekom? Jy weet jy is nie alleen nie.


Voel jy ooit alleen? Asof jou unieke geestesgesondheid jou van ander afgesonder het? As jy hiermee identifiseer, weet dit: Jy is nie alleen nie, en jy hoef nie jou geestesgesondheid op jou eie te hanteer nie.


Die skrywer van Prediker het oor die gevaar van afsondering geskryf. Ons kan in allerhande moeilikheid beland wanneer ons voel dat ons alleen is. Daardie moeilikheid kan ongesonde keuses wees, of om hoop te verloor. Dit kan wees om aan die mense wat ons liefhet voor te gee dat alles in orde is omdat ons oortuig is dat hulle nie sal verstaan nie.


Hierdie is natuurlike reaksies. Geestesgesondheid is immers ingewikkeld, en soms is dit moeilik om uit te reik of die regte woorde te vind om jou gevoelens te beskryf.


Die skrywer van Prediker herinner ons dat daar krag in betroubare vriendskappe is. Alhoewel ander mense dalk nie ten volle verstaan waardeur jy gaan nie, kan hulle 'n waardevolle steunpilaar wees.


Hier is 'n paar goeie eienskappe om in 'n betroubare vriend te soek:


  • Iemand wat luister.
  • Iemand wat jou aanmoedig.
  • Iemand wat deur duk en dun by jou staan.

Jy mag dalk sê: "Ek het niemand wat al drie daardie dinge doen nie". Dis in orde. Vriendskap is immers 'n spansport. As iemand net een van daardie eienskappe het, kan hulle morele ondersteuning bied.


Dink dus vandag aan die mense naaste aan jou. Het jy met hulle gepraat oor jou ervaring? Indien nie, maak dan 'n plan om hulle te vertel. Hulle verstaan dalk nie alles nie en sê dalk nie die regte woorde nie, dalk sal jy 'n mate van verdraagsaamheid aan hulle moet betoon. Dit is egter steeds makliker om gesamentlik hoop en genesing in geestesgesondheid te vind.


Bid: Vader, dankie vir die mense in my lewe wat vir my u liefde wys. Help my om eerlik te wees oor my uitdagings sodat ek die nodige hulp kan kry. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wisdom for Mental Health

As jy oorweldig voel deur jou geestesgesondheid, is jy nie alleen nie. Die uitdagings kan verwarrend voel. Eendag voel jy dalk goed, maar die volgende dag word jy wakker en voel jy angstig, depressief of uitgebrand. Hier...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid