Leesplan inligting

Jy Is UniekVoorbeeld

Jy Is Uniek

DAG 6 VAN 6

Jy is God se geskenk aan die wêreld

Jy is ‘n “Designer’s Original”. Daar is niemand soos jy in die wêreld nie. God het daarvoor gesorg. Jy het presies die hoeveelheid potensiaal, intelligensie en vermoëns wat Hy vir jou beplan het om te hê. Daar sal altyd iemand wees wat meer as jy het, maar daar sal nooit iemand wees wat presies soos jy is nie. Jy is sy geskenk aan die wêreld, presies soos jy is. Jy kan sy geskenke aan jou neergooi of hulle optel en na die beste van jou vermoë ontwikkel.

Eendag gaan jou uiterlike verander; jou vermoëns sal verdwyn. Jy sal nie in staat wees om te onthou of te dink soos jy eens kon nie. Jy mag miskien jou vriende verloor of selfs jou huweliksmaat. Wat dan? Waarop sal jy dan jou selfwaarde baseer? As jou selfwaarde gebaseer is op jou uiterlike, jou intelligensie, jou jeug, jou opleiding of jou vermoëns, dan sal jou selfwaarde aan skerwe spat. Die enigste ding wat sal hou, wat niemand van jou kan wegneem nie, is jou verhouding met God en jou waarde vir Hom.

‘n Amerikaanse toeris het in Parys ‘n halssnoer van ambersteen in ‘n tweedehandse winkel gekoop. Toe hy in New York aankom en deur die doeane gaan was hy geskok oor die hoë belasting wat hy moes betaal. Toe hy by die huis kom het hy die halssnoer laat waardeer en die juwelier het gesê dat hy $25 000 vir die halssnoer sou gee. Hy het die halssnoer toe na ‘n kundige toe gevat wat dit gewaardeer het vir ‘n astronomies bedrag. Toe hy vir die waardeerder vra wat die halssnoer so waardevol maak, het hy vir hom gesê om deur die vergrootglas te kyk en self te sien. Toe hy kyk, sien hy ‘n inskripsie wat lees: Van Napoleon Boneparte aan Josephine. Dit was die naam op die halssnoer wat dit sy buitengewone waarde gegee het.

Die naam van jou Eienaar is op jou lewe gegraveer. Hy het jou met sy eie hande gemaak en sy naam oor jou lewe geskryf. Jou waarde word in daardie inskripsie gevind. Jy is uniek. Jy is spesiaal, want jy is spesiaal vir Hom. Niemand anders kan jou plek in sy hart inneem nie en net so kan niemand anders jou plek in hierdie wêreld inneem nie.

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Jy Is Uniek

Oor hierdie 6 dae herinner God ons weereens aan hoe spesiaal en uniek ons is. Enig in ons soort. Ons moet ook onthou en besef hoe belangrik ons gedagtes is. Ons kies waarop ons wil fokus. Ons moet doelbewus kies om met d...

More

Ons wil graag die NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.nhkwitfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid