Leesplan inligting

Jy Is UniekVoorbeeld

Jy Is Uniek

DAG 5 VAN 6

Wen die stryd in jou gedagtes

Jy gaan dalk deur ‘n moeilike tyd en jy is in die versoeking om te dink: “Ek gaan nooit hieruit kom nie. Dit gaan nooit verander nie. Ek gaan nooit wen in hierdie situasie nie.”

Onthou, jy moet eers die stryd in jou gedagtes wen. Wanneer negatiewe gedagtes kom, verwerp hulle (druk die “delete”-knoppie) en vervang hulle met God se gedagtes. Wanneer jy in daardie gesindheid van geloof is, maak jy die deur vir God oop om in daardie situasie te werk. Jy sien miskien nie iets gebeur met jou fisiese oë nie, maar op die geestelike terrein is God aan die werk. Hy is besig om dinge in jou guns te verander en as jy net jou kant bring en aanhou glo, sal die Here jou op die regte tyd uitbring by oorwinning.

Die sleutel is om die regte gedagtes te kies — nie net wanneer jy goed voel nie, nie net wanneer dinge gaan soos jy wil hê nie, nie net wanneer jy nie probleme het nie, maar selfs in die moeilike tye. Rig jou gedagtes op die goeie dinge van God. Bly gefokus. Bly vol geloof. Bly vol hoop. Maak ‘n bewustelike keuse dat jy in ‘n positiewe gedagteraamwerk gaan bly.

Vestig jou gedagtes op sukses, oorwinning, vooruitgang. Verban enigiets wat negatief is, enige gedagtes wat vrees, bekommernis, twyfel of ongeloof bring. (As daardie gedagtes hulle opwagting maak, stop hulle dadelik en vra: “En jy ,waarheen dink julle gaan julle? – hier is nie plek vir sulke negatiewe gedagtes by my nie!) Jou gesindheid moet wees: Ek weier om agteruit te gaan, ek gaan vorentoe met God. Ek gaan die persoon wees wat Hy wil hê ek moet wees. Ek gaan my roeping vervul.

As jy dit doen, sal die Here in jou lewe werk en jou stryd vir jou stry. Hy sal jou vrede gee te midde van die storm en Hy sal jou help om daardie lewe van oorwinning te lewe wat Hy vir jou in gedagte het.

Gebed: Here, help my om die bose kringloop van negatiewe gedagtes te breek en doelbewus op die positiewe dinge in my lewe te fokus. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Jy Is Uniek

Oor hierdie 6 dae herinner God ons weereens aan hoe spesiaal en uniek ons is. Enig in ons soort. Ons moet ook onthou en besef hoe belangrik ons gedagtes is. Ons kies waarop ons wil fokus. Ons moet doelbewus kies om met d...

More

Ons wil graag die NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.nhkwitfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid