Leesplan inligting

Jy Is UniekVoorbeeld

Jy Is Uniek

DAG 3 VAN 6

Die spieël aan my binnekant

Miskien moet ons wegkom van die woord “selfbeeld”. Ek dink dis waar ons mislei word, want “selfbeeld” is die prentjie wat jy van jouself aan die binnekant het. Dit is as’t ware die spieël aan die binnekant van jou hart waarin jy kyk en jouself sien.

Was jy al by ‘n karnaval waar hulle allerhande verskillende spieëls het? Party spieëls laat jou vet lyk, ander laat jou maer lyk en ander trek jou heeltemal skeef. Ek dink dis wat baie keer met ons gebeur. Die spieël in ons hart, waarin ons na onsself kyk, trek ons skeef en ons kry ‘n verkeerde en verwronge beeld van onsself.

Dikwels is tydskrifte en advertensies die spieël waardeur ons kyk en ons dink dis hoe alle mense lyk – velle vlekloos, tande spierwit, hare perfek, geen selluliet. Ons aanvaar dis hoe ons ook moet lyk. Intussen is daardie foto’s deeglik gedokter om dit so te laat lyk. Jy sal ook so lyk as hulle klaar is met jou foto.

Tog, al weet ons van beter, spandeer ons honderde rande om sulke klere te hê, sulke naels, sulke velle en sulke lywe sonder die selluliet. Snaaks genoeg, dit maak ons nie gelukkig nie, ons bly ontevrede en sukkel om onsself te aanvaar soos ons is.

Ons moet leer om die Woord van God as die spieël in ons hart te gebruik, sodat ons ‘n ware weergawe kan kry van wie ons regtig is, naamlik kinders van God in wie daar ongelooflik baie potensiaal skuil en vir wie God ontsettend lief is.

Onthou tog asseblief ook dat jy ‘n tempel van God is en dat jy ‘n verantwoordelikheid het om na jouself te kyk: eet gesond, leef gesond, oefen en sien om na jou geestelike welstand.

Gebed: Here, my liggaam is vir my belangrik.Ek wil dit graag oppas en gesond lewe. Dankie vir al die wonderlike vermoëns wat U in my in ingebou het. Help my asseblief om vandag gesonde keuses uit te oefen.

Doen: Wat is daar wat jy die afgelope tyd agterweë gelaat het wat jy weer kan doen om beter na jouself te kyk? Dit kan enigiets wees van oefen, mediteer, bid, joernaal hou, meer water drink, minder koffie drink, ens.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Jy Is Uniek

Oor hierdie 6 dae herinner God ons weereens aan hoe spesiaal en uniek ons is. Enig in ons soort. Ons moet ook onthou en besef hoe belangrik ons gedagtes is. Ons kies waarop ons wil fokus. Ons moet doelbewus kies om met d...

More

Ons wil graag die NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.nhkwitfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid