Leesplan inligting

Goddelike AmbisieVoorbeeld

Goddelike Ambisie

DAG 7 VAN 7

JY MOET RUS OOK

Van God se eie voorbeeld in Genesis tot die beloftes wat Hy in die Nuwe Testament maak, is dit duidelik dat Hy wil hê ons moet ons liggaam en siel laat rus. Waarom sou die almagtige God van die heelal rus nadat Hy sy skeppingswerk gedoen het? Dit was tog sekerlik nie omdat Hy moeg was nie!

Die antwoord is dat God, deur op te hou met sy werk, sy rus as heilig verklaar het. God het geweet dit sal vir ons sal nodig wees om van ons werk te rus sodat ons na ons liggaamlike en geestelike behoeftes kan omsien. Werk is goed, maar dit moet gebalanseer word met gereelde rus en aandag te gee aan jou siel se gesondheid. Anders kan jy dalk die goddelike geleenthede misloop wat God oor jou pad stuur.

Sorg dat jy gereeld tye vir aanbidding en geestelike verfrissing opsysit.

Hierdie oordenkings is saamgestel uit 101 DAGSTUKKE VIR MANS © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Goddelike Ambisie

Werk is deel van God se plan vir ons lewe. Daar is ongelooflike waardigheid in alle eerlike, menslike werk, want jou werk is ’n geleentheid om God en ander te dien. Ons moet egter altyd streef na die perfekte balans tuss...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid