Leesplan inligting

Goddelike AmbisieVoorbeeld

Goddelike Ambisie

DAG 4 VAN 7

VIND BALANS

Ons dink dikwels besig-wees is gelyk aan produktiwiteit, of dat ons lui is as ons rus. Tog is dit moontlik om op ’n onproduktiewe manier aktief te wees en om produktief te rus! In die Bybel sien ons baie voordele van besig-wees, soos om ’n bestaan te maak, vir jou gesin te voorsien en om God se koninkryk te bevorder.

Om té besig te wees kan egter jou verhoudinge (met God en met ander) skade berokken, uitbranding veroorsaak of keer dat jy op jou eintlike prioriteite fokus. Soos met enigiets wat jy doen, sal om te weet hoe om balans te vind tussen werk, pret en rus jou in staat stel om produktief te wees op alle terreine van die lewe.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Goddelike Ambisie

Werk is deel van God se plan vir ons lewe. Daar is ongelooflike waardigheid in alle eerlike, menslike werk, want jou werk is ’n geleentheid om God en ander te dien. Ons moet egter altyd streef na die perfekte balans tuss...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid