Leesplan inligting

Begin Met Gebed 7-Dag UitdagingVoorbeeld

Start With Prayer 7-Day Challenge

DAG 6 VAN 7





Herinner God aan Sy Beloftes


Die ou testamentiese profeet, Jesaja, het gesê: "Julle wat die Here aan sy beloftes moet herinner, julle moenie stilbly nie" (Jesaja 62:6). God nooi jou uit — ja, beveel jou — om Hom aan sy beloftes te herinner. Vind 'n belofte wat op jou probleem betrekking het en bou jou gebed daar om! Hierdie gebede van geloof raak die hart van God aan en wonderwerke begin gebeur!


Vandag se Uitdaging: Herinner God aan Sy Beloftes


Gebed:


Here, u krag en gesag is sonder perke. U verdryf alle vrees en U vervul u kinders met vrymoedigheid en krag.


Help my, Here, om nie toe te laat dat vrees en bekommernis my vasgryp en beheer nie. Soms voel dit asof die lewe buite beheer is en ek alleen in al my uitdagings is, maar U het gesê dat U altyd met my sal wees. Fokus my oë en my hart op u belofte dat U my nooit sal verlaat of laat los nie. Help my om U te vertrou met elke aspek van my lewe sodat ek in die belofte van u vrede kan leef.


Dankie dat U vandag en elke dag met my is. In die Naam van u heilige Seun. Amen.*


*Gebed aangepas uit Start with Prayer: 250 Prayers for Hope and Strength


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Start With Prayer 7-Day Challenge

Die Begin met Gebed 7-Dag Uitdaging sal jou aanmoedig om opregte gesprekke met God aan te knoop. Deur die loop van die week sal Max Lucado jou aanmoedig om gebede van lofprysing te bid, God aan sy beloftes te herinner en...

More

Ons bedank graag vir HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://amzn.to/3Ow8mwZ

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid