Leesplan inligting

Begin Met Gebed 7-Dag UitdagingVoorbeeld

Start With Prayer 7-Day Challenge

DAG 5 VAN 7





Bid Spesifieke Gebede


Toe die wyn by die bruilof min geraak het, was Maria nie tevrede om te sê: "Help ons, Jesus" nie. Sy was spesifiek: "Hulle het nie meer wyn nie" (Johannes 2:3). 'n Spesifieke gebed is 'n ernstige gebed. As ek vir jou vra: "Sal jy omgee as ek een of ander tyd by jou huis 'n draai maak?" mag jy my dalk nie ernstig opneem nie. Maar as ek sê: "Kan ek hierdie Vrydag na jou toe kom? Ek het regtig jou raad nodig," dan weet jy my versoek is opreg. Wanneer ons spesifieke versoeke rig, weet God dit ook!


Vandag se Uitdaging: Bid vir 'n Spesifieke Versoek


Gebed:


Goeie Vader, U hoor ons wanneer ons bid. U het elkeen van u kinders diep en intiem lief.


Vandag vra ek vir ________. Voorsien asseblief u _______ en gee aan my/hom/haar _________.


Dankie vir u oneindige liefde en getrouheid. Dankie vir u belofte dat U saam met ons gaan en ons ook vooruit gaan. In die Naam van Jesus. Amen.*


*Gebed aangepas uit Start with Prayer: 250 Prayers for Hope and Strength


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Start With Prayer 7-Day Challenge

Die Begin met Gebed 7-Dag Uitdaging sal jou aanmoedig om opregte gesprekke met God aan te knoop. Deur die loop van die week sal Max Lucado jou aanmoedig om gebede van lofprysing te bid, God aan sy beloftes te herinner en...

More

Ons bedank graag vir HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://amzn.to/3Ow8mwZ

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid