Om die Skrif te kenVoorbeeld

Knowing Scripture

DAG 5 VAN 5

Hulpmiddels vir Bybelstudie

Hierdie week het ons gekyk na die proses van hermeneutiek, die wetenskap van Bybelse interpretasie. Ons het die taalkundig-historiese metode ondersoek, eksplisiete teenoor implisiete afleidings en die basiese literêre vorme wat in die Bybel gevind word. Vandag sluit ons ons kort studie van hermeneutiek af deur sommige van die hulpmiddels wat vir Bybelstudie nodig is, uiteen te sit.

Skrif. Die eerste hulpmiddel vir Bybelstudie is die Bybel self. Aangesien die meeste mense nie die oorspronklike taal van die Skrif in Hebreeus en Grieks magtig is nie, is 'n goeie Afrikaanse vertaling nodig. Die beste vertalings in Afrikaans maak staat op 'n letterlike "woord vir woord" benadering tot vertaling. Die Afrikaanse 1983 weergawe is 'n goeie vertaling wat in die Bybeltoep beskikbaar is en uit die bronteks vertaal is.

Konkordansies. Ernstige Bybelstudie noodsaak ook om 'n konkordansie te gebruik om Bybelverse na te slaan. Jy kan 'n Bybelvers vind deur 'n woord op te soek wat jy weet deel van die vers is. Jy kan ook 'n konkordansie gebruik om baie tekste te sien wat 'n spesifieke Bybelse tema bespreek. Tientalle konkordansies is in boekwinkels en op die internet beskikbaar.

Bybelwoordeboeke. 'n Goeie Bybelwoordeboek om definisies op te soek en 'n goeie Bybelatlas om na Bybelse kaarte te kyk is onontbeerlik vir Bybelstudie. Hierdie hulpmiddels help die moderne leser om vertroud te raak met onbekende terme en die Bybelse kultuur.

Kommentare. Die Bybel is die kerk se enigste onfeilbare gesag, en deur die geskiedenis heen het God manne in die kerk geroep om in die waarhede van sy Woord te onderrig. Bybelkommentare help ons om te sien wat die kerk uit die Skrif geleer het. Kommentare geskryf deur diegene binne die gereformeerde tradisie, soos Johannes Calvyn s'n, het bewys dat dit betroubare kommentare is wat deur die tyd beproef is.

In Ken die Skrif beveel Dr. Sproul aan dat diegene wat 'n oorsig van die boodskap van die Skrif wil hê, die Bybelboeke in die volgende volgorde lees: Genesis, Eksodus, Josua, Rigters, Samuel, Konings, Esra, Nehemia, Amos, Hosea, Jeremia, Prediker, Hooglied van Salomo, Psalms, Spreuke, Lukas, Handelinge, Efesiërs, 1 Korintiërs, 1 Petrus, 1 Timoteus, Hebreërs en Romeine. Jy kan ook 'n leesplan in die Bybeltoep kry om die hele Bybel in 'n jaar deur te lees.

CORAM DEO: Om in die teenwoordigheid van God te lewe

'n Belangrike werk van die Heilige Gees is om vir ons insig in die betekenis van die Skrif te gee. Hy doen dit wanneer ons ywerig sy Woord bestudeer, deur die kommentare te gebruik van mense wat Hy deur die geskiedenis heen geroep het. Wanneer jy gaan sit om te Bybelstudie te doen, moenie die hulpmiddels verwaarloos wat die Gees aan die kerk gegee het om die Bybel te verstaan.

Kopiereg © Ligonier Ministries. Ontvang ons geskenk aan jou by Ligonier.org/youversion

Aangaande hierdie leesplan

Knowing Scripture

Die Bybel is so geskryf dat enige iemand dit kan lees en die wesentlike mening daarvan sal verstaan. Die Woord van God moet egter met sorg hanteer word, want as dit verkeerd vertolk word, kan dit misverstande of verwarring veroorsaak. Hierdie 5-dag leesplan verskaf hulpmiddels vir die metodiese interpretasie van heilige tekste.

More

Ons wil graag Ligonier Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.ligonier.org/youversion