Leesplan inligting

Hemelse Gesange: 'n 12-dag Leesplan deur Phil WickhamVoorbeeld

Hymn of Heaven: A 12 Day Devotional With Phil Wickham

DAG 1 VAN 12




Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur op die video-instellings, subtitels, Afrikaans te klik.


Welkom by die Hemelse Gesange 12-dag Leesplanreeks. Elke dag se oordenking gaan hand-in-hand met 'n liedjie uit my album, Hymn of Heaven. Hierdie liedjies is geskryf om aanbidding in mense se harte te inspireer en ek bid dat hierdie leesplan vir jou dieselfde sal doen terwyl jy saamlees. Baie dankie aan my vriend en pastoor, Benji Horning, wat my gehelp het om wat in my gedagtes was te verwoord. Ons het hierdie leesplanreeks geskryf om julle in aanbidding te lei. Ek wil julle aanmoedig om na die liedjie waarna in elke oordenking verwys word, te luister en deur die dag te sing. Neem die waarheid van die Skrif en bewaar dit in jou hart. Ons bid dat jy geseënd sal wees!





Die Stryd Behoort


Skrifgedeelte: 2 Kronieke 20:1-30


Daar is 'n kragtige verhaal in die Ou Testament van koning Josafat wat gekonfronteer word met 'n oorweldigende en bose leër wat na hom en die volk van God kom. In desperaatheid het hy sy koninkryk bymekaargemaak, 'n vasdag uitgeroep, en hulle het die Here saam aangeroep. Toe God deur 'n profeet antwoord, het Hy belowe: “Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, Juda en Jerusalem, moenie bang wees nie. Trek hulle môre tegemoet. Die Here sal by julle wees” (2 Kronieke 20:17). In gehoorsaamheid het die leër van Juda die gevegslinie genader — maar nie met wapens en krygers nie. Hulle het die vyand met aanbidding ontmoet! “Juis toe, toe die sangers met die lofprysing en gebed begin, het die Here onverwagte aanvalle bewerk op die Ammoniete, die Moabiete en die mense van die Seïrberge wat teen Juda opgetrek het, en hulle het die een neerlaag na die ander gely" (2 Kronieke 20:22).


Wat God vir Juda gedoen het, was wonderbaar, en dit was nie 'n eenmalige gebeurtenis nie. Elke mens staar die radikale oorlog van sonde en dood in die gesig. Ten spyte van ons beste pogings tot sedelikheid, godsdienstigheid of prestasie, is ons hulpeloos teen so 'n groot vyand. Tog staan God se belofte aan sy volk tot vandag toe steeds vas. Dit het tot sy uiteindelike vervulling gekom toe Jesus – terwyl Hy na ons desperaatheid kyk en na die graf wys – vir ons gesê het dat ons nie hierdie stryd sal hoef te stry nie, maar om vas te staan, en te kyk hoe Hy verlossing en redding bring deur sy dood en opstanding! Amen!


Wat is jou rol in hierdie oorwinning? Soortgelyk aan Josafat en sy mense, is ons enigste reaksie om te aanbid, dankie te sê en ons lewens in dankbare oorgawe oor te gee aan die een wat ons oorwinning vir ewig hou. Dit was ongelooflik om te sien hoe mense die liedjie, "Battle Belongs", as hul wapen van aanbidding gebruik in die aangesig van die stryd.


Vandag kan ons so anders lewe as gevolg van die oorwinning wat ons in Jesus het:


1. Herken die areas in jou lewe wat jy nog steeds deur jou eie krag probeer leef, en staan 'n minuut in gebed af om dit aan die Here oor te gee.


2. Dank God deur aanbidding, al voel jou omstandighede steeds oorweldigend. Onthou die kruis, onthou die opstanding, en onthou die oorwinning waarna ons genooi is.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hymn of Heaven: A 12 Day Devotional With Phil Wickham

Welkom by die Hemelse Gesange leesplanreeks. Elke daaglikse leesplan val saam met 'n ander liedjie uit my album, "Hymn of Heaven". Hierdie liedjies is geskryf om luisteraars tydens aanbidding te inspireer, en ek bid dat ...

More

Ons wil graag dankie sê vir Fair Trade Services & Phil Wickham wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://philwickham.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid