Bemoedigende Woorde

Dag 8 van 10 • Vandag se leesstuk

Oordenking




Genesis 3:21


"Daarna het die Here God vir die mens en sy vrou velklere gemaak, en hulle dit aangetrek."



  • In God se groot deernis het Hy Adam se toestand gesien en iets daaraan gedoen.  

  • Die Here het persoonlik ingetree om in die behoefte te voorsien.  

  • In 'n oomblik van barmhartigheid het Hy vir hulle klere gemaak en hulle geklee.  

  • Hy ken jou behoefte en Hy sal intree  en voorsien wat jy nodig het.


Gebed: Vader, ek is oorweldig deur u barmhartigheid en deernis teenoor u skepping — en dit sluit my in. Dankie dat U my behoefte ken en dat U 'n plan sal maak, en in u liefde sal U sekermaak dat dit presies is wat ek nodig het. In die Naam van Jesus. Amen.