
Psalm 126:5
"Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring."
- Nie elke seisoen in die lewe is wat ons gehoop het dit sou wees nie.
- Maar die Here is met ons, ongeag die seisoene waardeur ons gaan.
- Hy bring ons deur dit alles en in die proses leer ons om op Hom te vertrou.
- Eindelik draai Hy dinge vir ons beswil om en kan ons die oes met gejuig inbring.
Gebed: Vader, dankie vir u belofte aan my dat al saai ek met trane, U my die oes met gejuig sal laat inbring. Ek bid in u Naam dat u vreugde my mag kom vul en versterk. In die Naam van Jesus. Amen.