Leesplan inligting

Krag Vir Elke Dag Voorbeeld

Krag Vir Elke Dag

DAG 3 VAN 14

Hy kom na jou in jou twyfel


Tomas was nie teenwoordig by die eerste verskyning van Jesus nie. Daarom het hy gesukkel om Jesus se opstandingstorie te glo. Toe Jesus agt dae later weer aan sy dissipels verskyn, stap Hy dadelik na Tomas en sê vir hom om sy hande op sy wonde te plaas. Op daardie oomblik verander alles in Tomas. Nie alleen sien en voel hy nie. Hy beleef ook dat sy Here sy ongeloof raakgesien het en hom nie veroordeel het nie. 


’n Mens kan nogal met Tomas se twyfel identifiseer. Ons logika wil mos maar kan “sien” en bewyse hê. Weet vandag dat jou Here ook jou soms-twyfel raaksien en dan in jou ongeloof na jou toe kom om sy hand van liefde weer vir jou te gee.




God veroordeel nie twyfelaars nie. Hy sien hulle met oë van deernis en vergifnis raak en gee Homself dan wéér aan hulle. Hoe groot is sy onvoorwaardelike genade!




Vandag kan ek maar net sê: “My Here en my God.”



Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Krag Vir Elke Dag

Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemo...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid