Leesplan inligting

Krag Vir Elke Dag Voorbeeld

Krag Vir Elke Dag

DAG 2 VAN 14

Babatreetjies is meer as goed genoeg!


Het jy ook al na ander gelowiges gekyk, gelees wat hulle skryf, of gehoor hoe goed hulle praat en dan gedink: Ek sal dit nooit kan wees nie. My geloof is nog so klein. Ek is self so beperk in wat ek is en kan doen. 


Weet: God verwag nie van jou om “groot dinge” te doen nie. Jy hoef net – binne wie jý is – een babatree op ’n slag te gee. En as jy in kontak met die Gees is, sal jy weet wat daardie klein treetjies moet wees. Dis dalk dinge soos: om te probeer om minder ongeduldig te wees, om op te hou om sleg van ander mense te praat, om dalk vriendeliker en meer behulpsaam te wees … of om dalk net te probeer om meer gereeld in stilte by God te sit. Dis dáár, in jou alleentyd met die Gees en sy Woord, wat jy sal hoor: My kind, volg jy My net …




Vertrou die Stem in jou en volg Hom tree vir tree. Jy sal verbaas wees hoe jou lewe verander. En hoe ánders ander jou sien.




Hier is ek, in my net-soos-ék-is, Gees van God.



Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Krag Vir Elke Dag

Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemo...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid