Lewe Veranderd: Wanneer Jy Enkellopend IsVoorbeeld

Doel
Die samelewing skryf vir ons voor om 'n huis te besit, die regte motor te hê, 'n beroep te vestig, te trou en met 'n gesin te begin. Ons hoor dit so dikwels dat ons mettertyd dink ons sal eers vervul voel wanneer ons hierdie dinge behaal het. God het ons egter nie geskep om die wêreld se definisie van 'n prentjie-mooi lewe na te jaag nie. Ons is met 'n groter doel in gedagte geskep.
Ek het hopeloos te lank daarna gesmag om 'n man te hê en so my dae verby gewens. Dit was voorwaar 'n eensame en mistroostige wyse om te lewe. Dis eers toe ek besluit het om buite myself te kyk en in die kerk te begin dien, dat ek agtergekom het waaroor ek passievol is: ek hou vreeslik baie daarvan om met mense te werk en veral om vroue te help om hul identiteit in Christus te grondves. Deur te dien het my lewe nuwe betekenis gekry. Skielik was ek vir God aan die brand op maniere wat ek nooit voorheen ervaar het nie en het ek ware vreugde gevind. Ek wil nog altyd graag 'n man hê, maar dis nie meer 'n swaar las wat ek op die hart het nie. My grootste begeerte is nie langer om "Ja" te hoor nie, maar om "Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf" (Matteus 25:21) te hoor.
God het ons elkeen geskep om 'n spesifieke rol in sy koninkryk te speel, en dis eers wanneer ons ons roeping uitleef wat ons waarlik kan vervul wees. Ons het almal unieke talente, ervarings en vaardighede wat dui op ons Godgegewe doel. Sommige word tot voltydse bediening geroep. Ander se roeping is om 'n lig in die korporatiewe wêreld te wees. Die wyse waarop ons ons doel moet bereik verskil van persoon tot persoon, maar as Christus se volgelinge het ons almal 'n roeping om mense vir Jesus te bereik. Ons huwelikstatus verander glad nie daardie opdrag nie.
Ons lees in Matteus dat Jesus aan sy volgelinge sê om dissipels te gaan maak en "leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het" (Matteus 28:20). Hy sê nie jy moet eers getroud wees voordat jy jou bediening kan begin nie. Hy sê net "gaan."
As jy nie presies seker is waarvoor God jou in sy koninkryk wil gebruik nie, moet jy Hom vra om jou te wys. Intussen kan jy êrens begin dien. Moenie die leuens glo dat jy nie 'n waardevolle lid van die kerk kan wees of 'n verskil kan maak terwyl jy enkellopend is nie. God sien jou as uitverkies, gesalf en toegerus — nie vir eendag nie, maar vir nou. Geestelike volwassenheid word nie eers bereik weens 'n verandering in jou huwelikstatus nie. Geestelike volwassenheid ontwikkel as gevolg van 'n verhouding met Jesus.
Miskien sal God jou eendag tot die huwelik roep. As jy dit wil hê, moet jy daarvoor bid. Dit is nie verkeerd om vir 'n huweliksmaat te bid nie, maar jy moenie toelaat dat daardie begeerte jou verhoed om in jou geloof te groei en ander te lei om dit ook te doen nie. Spreuke 16:9 sê: "'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop." Dien Hom vandag met alles in jou en vertrou dat Hy jou op die regte pad op die regte tyd sal lei.
God vra ons om nou in ons roeping in te tree, ongeag of ons mettertyd tot die huwelik geroep word. Ons tydjie hier op aarde is maar kort en ons kan nie die status van ons verhoudinge toelaat om die vervulling van ons doel wat God vir ons lewens het na te laat nie. Gaan dus!
Aangaande hierdie leesplan

Ons het almal verwagtinge van hoe ons lewens moet wees. Dalk het jy verwag om teen hierdie tyd al getroud te wees, maar in plaas daarvan is jy nou eensaam, verlore of sonder hoop. Die waarheid is egter dat jy nie getroud hoef te wees om vreugde te ervaar en jou roeping uit te leef nie. Hierdie 5-dag leesplan sal jou help om vandag doelgerig te lewe en met hoop op die toekoms.
More