Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Ma tot MaVoorbeeld

Living Changed: Mom to Mom

DAG 7 VAN 7

Genade


As ma's, gaan ons nie altyd alles regkry nie. Ons het dae wat ons moeg, gefrustreerd en uitgeput voel wat veroorsaak dat ons soms iets wat seermaak, in woede sê. Ons kan eerder leer om genade teenoor onsself en ons kinders te bewys as om onsself af te kraak.



Daar was verskeie oomblikke tydens my kinders se grootword jare wat ek uit ontsteltenis 'n onvanpaste reaksie gehad het. Ek kan een spesifieke keer onthou wat dit gevoel het asof ons dieselfde uitputtende gesprek oor dieselfde fout herhaalde kere gehad het. Hoeveel keer moet ek vir hulle vertel? Gaan hulle ooit leer? Dan verbeel ek God sê vir my: "Dis goed dat Ek nie so 'n ouer is nie!" Dit was baie nodig vir my om herinner te word dat God soveel genade en barmhartigheid bied, en ek moet dieselfde doen. 



Een van die beste maniere wat ek my kinders genade geleer het, was om verskoning te vra vir die kere wat ek verkeerd was. Ek het dit gedoen vandat hulle klein was, deur hulle tienerjare en tot vandag toe nog. Ek sê nie net ek is jammer nie, want baie mense sê dit en bedoel dit nie. Ek vra hulle om my te vergewe. Dit is 'n belangrike onderskeiding wat 'n blywende indruk laat. 



Dit bou vertroue tussen ons wanneer ek hulle om vergifnis vra, want dit wys hulle dat ek gewillig is om nederig te wees en my foute te erken. Dit gee hulle die geleentheid om te oefen om genade te wys, al is dit hoe moeilik, al het hulle seer en al wil hulle nie. Dit wys hulle ook hoe om 'n belydende hart te hê met vriende, familie en met God. 



As ouers is ons die naaste en ook die invloedrykste voorbeeld in ons kinders se lewens hoe 'n verhouding met God lyk. Hulle sal weet hulle kan hulle na God toe wend en om vergifnis vra, sonder die vrees vir veroordeling, wanneer ons hulle leer dat daar niks is om oor skaam te wees nie.



Die manier waarop ons as Christene lewe, is nie net 'n voorbeeld (goed of sleg) vir hulle om te volg nie, maar dit vorm ook hulle persepsie van God se karakter. In alles wat ons doen en sê, moet ons Christus erken, Hom verteenwoordig en Hom uitwys aan ons kinders. Ons help hulle só om hulle aardse verhoudinge en verhouding met God te versterk.



Ons gebed is dat God hierdie leesplan gebruik het om tot jou hart te spreek.

Ontdek ander "Living Changed" leesplanne

Kom meer te wete oor "Changed Women" se bedieninge  


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Mom to Mom

Om 'n ma te wees is die lonendste rol wat ons ooit sal speel, maar die reis deur moederskap is 'n uitdaging. Dis propvol onsekerhede, beproewinge, vernederende oomblikke, en geleenthede om op God te vertrou. In hierdie 7...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid