Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Ma tot MaVoorbeeld

Living Changed: Mom to Mom

DAG 3 VAN 7

Risiko


As 'n ma van drie seuns het ek geleer dat God elke seuntjie geskep het met 'n begeerte na avontuur. Toe my seuns nog klein was, het hulle altyd toertjies gedoen asof hulle die sterre in aksierolprente was. Hulle sou sonder vrees hardloop, spring, gly en rol, oral waar hul was, ongeag waarskuwings om versigtig te wees. Elke dag was vir hulle 'n nuwe uitdaging om grense te toets, risiko's aan te durf en iets nuuts te verken.  



Gedurende een van ons familie vakansies het ons hulle na die Grand Canyon geneem. Hulle was in absolute verwondering, en wou natuurlik sien hoe naby hul aan die rand kon kom. Dit was vir my vreesaanjaend. Vrae soos: “Wat as hulle val?” en “Wat as hulle gly?” het deur my kop gemaal. As ek ooit getwyfel het, het ek in daardie oomblik geweet dat my seuns avontuurlustig is. 



Ek glo dat God my seuns so geskep het as 'n weerspieëling van wie Hy is. Die Bybel wys ons dat God lief is vir avontuur en groot kanse gewaag het. Byvoorbeeld, ek sou sê die grootste risiko wat God geneem het, was om sy enigste Seun, Jesus, te stuur om vir ons sonde te sterf. Hy gee vir ons die keuse om die grootste geskenk ooit te aanvaar en loop die gevaar dat ons kan kies om Christus nie te aanvaar nie. 



My middelste seun is 18 jaar oud en op pad om die grootste avontuur van sy lewe aan te pak. Hy is alleen op pad Mexiko toe om die evangelie te gaan verkondig. Die eerste gedagte wat by my opgekom het toe hy sê God roep hom, was: “Dis nie veilig nie. Dis te gevaarlik.” God het my vinnig herinner dat Hy nie my seuns geroep het om in veiligheid te lewe nie. Hy het hulle geroep om risiko's te neem. My rol as hulle ma, is om hulle te ondersteun in hul roeping, nie om hulle terug te hou as gevolg van my vrese nie. 



God het oomblikke soos by die Grand Canyon gebruik om my te help besef dat met elke klein avontuur, het hy my seuns voorberei vir hulle groot avontuur vir die koninkryk. Dit is my voorreg om hulle te ondersteun terwyl hulle gaan om ander te vertel van die keuse om Jesus te volg en hulle eie avontuur uit te leef. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Mom to Mom

Om 'n ma te wees is die lonendste rol wat ons ooit sal speel, maar die reis deur moederskap is 'n uitdaging. Dis propvol onsekerhede, beproewinge, vernederende oomblikke, en geleenthede om op God te vertrou. In hierdie 7...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid