Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Ma tot MaVoorbeeld

Living Changed: Mom to Mom

DAG 4 VAN 7

Nederigheid


Met die geboorte van my babadogtertjie het ek nooit gedink ek sou haar met 'n ander vrou moes deel nie. Ek en haar pa het geskei toe sy ses jaar oud was. Ons het albei weer getrou en al het sy vrou nie haar eie kinders nie, vind sy vreugde daarin om deel te wees van my dogter se grootwordjare. Om haar te deel, was een van die grootste uitdagings wat ek in die gesig moes staar. 



'n Aantal jare gelede het Moedersdag op my dogter se naweek by haar pa geval. Ek het planne beraam om die dag saam met my dogter deur te bring en dit het nooit by my opgekom dat ek haar nie by my sou hê nie. Moedersdag is tog my dag. Ek het geboorte aan haar geskenk en ek het die keisersnee se litteken om dit te bewys. 



Daardie oggend het my vorige man gevra wanneer hy ons dogter kan verwag. Hy wou ook Moedersdag saam met haar en sy vrou deurbring. Ek was hoogs ontsteld dat hy my hoegenaamd kon vra dat sy na hom toe moes kom. Ek het gehuil en geskree en woorde kwytgeraak soos: “Sy is nie eers 'n ma nie! Sy hoef nie MY dogter op Moedersdag te kry nie!” Hy het sy bes gedoen om aan my te verduidelik hoekom dit vir hulle belangrik was, maar ek was onversetlik en daar was geen manier wat ek ons dogter sou deel nie. 



Nie te lank na die gesprek nie, herinner God my aan die dinge wat ek vir my twee stiefdogters mag doen en hoe lief ek vir hulle geword het. Ek is dalk nie hulle biologiese ma nie, maar ek tree as 'n ma teenoor hulle op. Ek is daar vir hulle wanneer hulle my nodig het en hulle het ook vir my lief. 



My dogter is ook lief vir haar stiefma. Sy het dalk nie die litteken om te wys sy het geboorte geskenk aan 'n kind nie, maar sy is lief vir my dogter en het haar ondersteun en vir haar voorsien van die dag af wat sy besluit het om met my man te trou. Sy speel die rol van 'n ma sonder die titel of enige toekennings. Daardie middag het ek my vorige man en sy vrou om verskoning gevra vir my woorde en het ons dogter na hulle toe geneem om die middag saam deur te bring. 



In sy brief aan die Efesiërs skryf die apostel Paulus: "Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.” 



Ek is gedurig besig om hierdie vers in my lewe toe te pas en om te leer hoe om as ouers saam te werk op die manier wat God verwag: beskeie, geduldig en met liefde. Elke ouer in ons gemengde gesinne werk hard daaraan om as 'n eenheid in vrede te lewe. Ons maak daaglikse opofferings om genade en vriendelikheid teenoor mekaar te bewys en vertrou dat elkeen van ons goeie bedoelings het. Om saam ouers te wees is 'n uitdaging, maar dit is moontlik.



Dit maak nie saak wat ons ouerskap posisie is nie — enkelouer, getroude paartjie, of 'n gemengde gesin — daar is baie geleenthede om nederig te wees. Ons is geroepe om liefde en respek aan almal te bewys, insluitend diegene wat ons help om ons kinders groot te maak en ook aan ons kinders self. Dit is nie alleenlik 'n goeie voorbeeld vir ons kinders hoe om ander lief te hê nie, maar dit eer ook vir God.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Mom to Mom

Om 'n ma te wees is die lonendste rol wat ons ooit sal speel, maar die reis deur moederskap is 'n uitdaging. Dis propvol onsekerhede, beproewinge, vernederende oomblikke, en geleenthede om op God te vertrou. In hierdie 7...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid