Leesplan inligting

Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Geloof Bo Volmaaktheid

DAG 18 VAN 43




Lees: Genesis 19:15–38; Lukas 17:22–35


SOAP: Lukas 17:32–33


Onthou wat met die vrou van Lot gebeur het! Elkeen wat sy lewe probeer behou, sal dit verloor, maar elkeen wat dit verloor, sal dit behou.




Oordenking


Lot en sy gesin is gered van die goddeloosheid van Sodom. Alhoewel Lot gekies het om in Sodom te woon omdat hy geglo het dat die land vrugbaar sou wees, het dit tot meer verliese gelei. Uiteindelik het die goddeloosheid van Sodom met Lot en sy gesin gebly. Selfs in die nadraai van die vernietiging, het die mentaliteit van Sodom gebly.


Toe Lot en sy vrou en dogters uit die stad vlug, het Lot by die Here gepleit vir 'n ander stad om in te woon. Lot wou hê dat God hom iets moes gee om vir sy verlies te vergoed, iets om op te maak vir die feit dat hy sy huis en lewe so skielik moes verlaat. Alhoewel Lot by die Here gepleit het om Soar te red, was hy te bang om daar te gaan woon nadat hy die boosheid van Sodom beleef het. Tog het die boosheid van Sodom weer opgeduik in die grot met net Lot en sy dogters teenwoordig.


Lot se vrou het teruggedraai en gekyk na die stede van die vlakte terwyl hulle vernietig word. Dit was nie 'n verbygaande blik of 'n blik van nuuskierigheid nie. Lot se vrou het verlangend na Sodom gekyk. Sy het verlang na die lewe waaruit sy gered is. Sy is gered, maar sy het verlang na die lewe wat tot haar vernietiging gelei het. Haar optrede het minagting en ontevredenheid getoon met God se wonderbaarlike optrede om haar te red. 


Jesus het sy volgelinge aan die verhaal van Lot se vrou herinner toe Hy die einde van die era beskryf het. Ons mag nie terugverlang na dit waarvan ons gered is nie. Wanneer ons bereid is om ons gemak, ons vriende, ons gesinne, ons status en ons besittings vir Christus te verloor, sal ons meer lewe vind as wat ons ooit kon dink.


Selfs in hierdie verhaal word ons herinner aan God se goedheid. Toe Abraham die vernietiging sien afspeel, het Hy God se goedheid te midde van sy oordeel gesien. God het belowe om die regverdiges nie saam met die goddelose te vernietig nie, en Hy het Lot gered ter wille van Abraham. Alhoewel sy vernietiging groot en volledig was, het God se genade steeds oorgeloop. Wanneer ons Christus volg, moet ons bereid wees om die plesier van die wêreld agter te laat om 'n volledige, vol lewe in Hom te vind. 




Gebed


Here God, U is goedhartig. U is regverdig. Dankie dat U my gewys het hoe hierdie eienskappe saam kan bestaan. Help my om U te vertrou as ek u optrede nie verstaan nie. Gee my dapperheid om te verander van 'n lewe van gemak na 'n lewe wat U eer. Help my om nie terug te draai en na alles behalwe na U te verlang nie. Amen. 





Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Geloof Bo Volmaaktheid

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid