Leesplan inligting

Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Geloof Bo Volmaaktheid

DAG 21 VAN 43




Lees: Genesis 21:8–21; Galasiërs 3:23–29, 4:21–31


SOAP: Galasiërs 3:23–24


Voordat hierdie geloof gekom het, is ons deur die wet gevange gehou en bewaak totdat die tyd van die geloof sou aanbreek. Ons was dus onder die toesig van die wet totdat Christus sou kom sodat ons deur te glo, vrygespreek sou word. 





Oordenking


Sara was bang dat Ismael op die een of ander manier die beloofde seën van haar seun sou wegneem. Haar ongeloof het haar teen Hagar en Ismael laat draai en sy het Abraham gedwing om hulle weg te stuur. Alhoewel Abraham hartseer was, toon sy optrede dat hy volgehoue geloof in God se belofte gehad het. God het Abraham belowe dat Hy van Ismael 'n groot nasie sou maak. Terwyl Isak die ware erfgenaam van die verbond sou wees, het God steeds 'n belofte gemaak om Ismael te seën. Abraham het geloof getoon deur Ismael en Hagar met slegs kos en water weg te stuur. Abraham kon Ismael met tot die helfte van sy kuddes, kleinvee en diensknegte wegstuur, maar in plaas daarvan vertrou hy dat God vir hulle sou sorg. In plaas daarvan om op sy eie middele te vertrou, het hy op God vertrou.


God het ook sy belofte aan Hagar nagekom. Hy het haar weer in die woestyn ontmoet en haar en haar seun gered. God het sy groot medelye met Hagar betoon en met almal wat verworpe, verlate en mishandel is. Hy is die God wat sien.


Na die geboorte van Isak was die teenwoordigheid van Hagar en Ismael in die kamp 'n voortdurende bedreiging vir die belofte. Alhoewel dit nooit in die gedrang was nie omdat dit onder God se beheer was, sou die belofte eers na Isak se geboorte ten volle deur hom vervul word. God het alles verwyder wat 'n bedreiging vir die seën was wat deur Isak sou kom.


Jesus Christus is die beloofde seën, die manier waarop al die nasies van die wêreld deur Abraham geseën is. Voor Christus was God se volk onder die wet, en moes hulle onberispelik voor Hom wandel. As gevolg van Christus is die ou orde verwyder. Ons is nie meer onder die wet nie. Die belofte het gekom deur Christus, nie deur die wet nie. Ons is mede-erfgename van die belofte deur Christus. Namate ons enigiets uit ons lewens verwyder wat die belofte kan belemmer (sonde, wetsverering, ens.), groei ons in ons verhouding met Christus. Paulus herinner ons in Galasiërs daaraan dat wanneer ons onsself aan die wet verbind, ons die vervulling van die belofte deur Christus ontken. Hy alleen is die erfgenaam, en ons word deur Hom alleen vryheid gegee. Nou, in Christus, is ons regverdig deur die geloof en nie deur die wet nie.





Gebed


Here Jesus, U alleen red. Ek erken dat ek my eie redding deur my werke probeer bereik, maar ek glo dat my redding slegs deur geloof is. Help my om alles uit te gooi wat my verhinder om in geloof te wandel en in u belofte van die ewige lewe saam met U te glo. Amen.







Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Geloof Bo Volmaaktheid

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid