Leesplan inligting

Hoe om (Nie) die Wêreld te Red (Nie): Die Waarheid oor die Openbaring van God se Liefde aan die Mense om JouVoorbeeld

How (Not) to Save the World: The Truth About Revealing God’s Love to the People Right Next to You

DAG 4 VAN 5





Hoe om (Nie) die Wêreld te Red (Nie): Leef om Mense te Behaag



Toe my ma in haar vyftigs was, het sy haar tweede roeping begin nastreef. Sy was vir dekades betrokke in straatbediening binne ons gesin se uitreik en het mense in tere gesag bedien. Tog het sy geworstel oor die vraag of God haar roep om met iets nuuts te begin. Wat sou dit vir haar in hierdie stadium van haar lewe beteken om 'n nuwe rigting, waarvoor God haar roep, in te slaan? Was dit te laat om 'n verandering te maak? Het sy die moed gehad om 'n nuwe roeping te volg?



Ek het probeer om haar vrese en onsekerhede in te sien en het ondersoek wat in haar hart roer om 'n nuwe roeping te volg. Uiteindelik het sy met 'n sug van verligting erken: “Ek wil 'n voorskoolse onderwyseres wees.” My ma was ontmoedig deur haar vrese oor wat ander mense sou sê en hoe dit sou lyk as sy met iets nuuts op hierdie stadium van haar lewe wil begin.



Ons het almal met tye al gevoel dat ons nie die vaardighede het om die dinge te doen wat God ons roep om te doen nie. Ons diskwalifiseer onsself van die posisies en rolle, want ons baseer dit op die standaarde, opinies en moontlike verwagtinge van ander mense. Hoe kan ons vir Jesus leef en Hom vir die wêreld wys as ons altyd die wêreld wil behaag, die wêreld waarheen Jesus gekom het om mense te red? Om te leef om mense te behaag en tevrede te stel, is hoe om (nie) die wêreld te red (nie). 



As ons slawe is van wat mense sê, kan ons nie gehoorsaam wees aan wat God sê nie. Ons kan nie die treë van geloof neem wat God van ons vra terwyl ons almal wil behaag met elke beweging wat ons maak nie. As jy leef om mense te behaag en nie om God te gehoorsaam nie, kan jy nooit in die volheid ingaan van die doel wat Hy vir jou lewe het nie. Mense kan Jesus nie leer ken as ons aanhou lewe om diegene te behaag wat Jesus gekom het om te red nie.



My ma is nou al 'n paar jaar 'n voorskoolse onderwyseres. Terwyl sy in hierdie nuwe era van haar lewe is, het sy my vertel: “Dit is wat ek veronderstel is om te doen. Ek weet dit is waar ek veronderstel is om te wees.” My vriend, vergeet die stand van sake, die vooropgestelde idees. Skeur die onsigbare tydlyn op van wat jy veronderstel is om te volg en wanneer jy veronderstel is om dit te doen. Los die grense wat jy aan jouself stel. Los die grense wat jy aan God stel. Daar is iets anders wat God in en deur ons wil doen in elke tydperk van ons lewens. Moenie dit aanjaag nie. Moet dit ook nie misloop nie. Op hierdie oomblik wat jy nou leef, het God iets spesifiek wat jy moet aangryp en iets spesifiek wat jy moet gee.







Optrede



Wat ontmoedig jou om die passie en roeping te volg wat God vir jou beplan?



Wat is in gevaar as ons leef om volgens ons kultuur se voorskrifte te leef, of om mense in plaas van God te behaag?



Wat is dit wat jy voel God jou roep om te doen waarvoor jy vandag ja kan sê?






Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

How (Not) to Save the World: The Truth About Revealing God’s Love to the People Right Next to You

Wil jy graag alles in jou vermoë doen vir die mense wat jy liefhet en vir ander wys hoe kosbaar hulle vir God is? In hierdie 5-dag leesplan, wat gebaseer is op Hosanna Wong se boek "How (Not) to Save the World", ontdek j...

More

Ons wil graag HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson bedank vir die verskaffing van die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/savetheworldyouversion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid