Leesplan inligting

Hoe om (Nie) die Wêreld te Red (Nie): Die Waarheid oor die Openbaring van God se Liefde aan die Mense om JouVoorbeeld

How (Not) to Save the World: The Truth About Revealing God’s Love to the People Right Next to You

DAG 3 VAN 5





Hoe om (Nie) die Wêreld te Red (Nie): Bly Stil oor Jou Verhaal



Die eerste Chinese vrou van wie ek weet wat ooit gepreek het, was ek. Ek was vir jare nie op my afkoms trots nie en het my bes gedoen om weg te steek dat ek half-Chinees is. Om veelrassig te wees en een helfte van my, Chinees, het ek so goed as wat ek kon probeer onderdruk. Ek het nog nie vantevore die van "Wong" op 'n konferensierekening gesien nie, dus het ek gedurende die eerste jare van my reisende bediening, die skuilnaam "Hosanna Poetry" gebruik. Ek is verleë om te erken dat ek bang was dat my Asiatiese afkoms, my loopbaan sou belemmer. Ek het nie daarvan gehou om uit te staan nie. Alhoewel ek so goed en eerlik as moontlik van Jesus gepraat het, het ek ekstra hard probeer om nie my ware verhaal te vertel nie.



Ek het nie verstaan wat dit beteken dat ek na die beeld van God geskep is nie. Beteken dit net dat God my gemaak het? Daardie deel het ek verstaan.Tog het ek altyd 'n innerlike gevoel gehad dat daar iets ontbreek, onvoldoende en tweederangs in my is. Terwyl ek getrou die Woord van God bestudeer het, het ek mettertyd ontdek dat ek in skaamte geleef het oor wie ek is en dat ek my verhaal stilgehou het om aanvaar te word. Dit is hoe om (nie) die wêreld te red (nie). Die vyand wil hê dat ons die leuen moet glo dat ons nie goed genoeg is nie, dat ons herkoms nie goed genoeg is nie en dat ons verhaal nie goed genoeg is nie, want hy weet dat daar krag in is as ons ons ware verhale vertel. As jy wegsteek wie jy werklik is, steek jy God se skeppingswerk en God se krag weg.



Om na die beeld van God geskep te wees, beteken dat ons almal uniek en anders as elke ander wese geskep is. Die beeld van God is op ons en in ons afgedruk. Waarde vloei deur ons are. Geen ander skeppingswerk kan wegneem hoe die hoogste Skepper ons geskape het nie. Hierdie waarheid kan verander hoe ons onsself sien en hoe ons ander sien. 



Dit is die waarheid dat jy volgens die beeld van God geskep is. Jy het nie slegs net toegang om Hom te ken nie, maar jy het ook by Hom die gesag ontvang om Hom bekend te maak. Jy het nie slegs die toestemming nie, maar ook die verantwoordelikheid om alles van jou te gebruik en alles wat jy deurgemaak het, te gebruik om Hom te verheerlik en om sy liefde aan die mense om jou te openbaar.



Ek het geleer dat om 'n vrou te wees, veelrassig en die kind van 'n herstelde verslaafde, my eintlik help om die waarheid oor Jesus te verkondig. Dit wat ek wou wegsteek, is wat God wou gebruik om te openbaar wie Hy is en wat Hy kan doen. Ek is veronderstel om myself uit te leef, nie minder te maak nie. Ek wil nie langer hê dat die vyand seëvier oor ons skaamte en wegsteekstories nie. Die besonderhede van jou lewe is deure, nie mure nie. Dit kan jou help om mense in te laat in die evangelie van 'n verlossende Redder. God wil jou ware verhaal gebruik om sy ware krag te openbaar. God se beeld moet gesien word en sy krag moet blootgestel word.







Optrede



Watter oorwinning behaal die vyand as ons almal die leuen glo dat ons nie van waarde is nie en dat ons moet stilbly oor ons verhale?



Watter dele van jou verhaal sukkel jy om God toe te laat om te gebruik?



Wat het verhinder dat jy nie jou verhaal kon vertel nie?






Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How (Not) to Save the World: The Truth About Revealing God’s Love to the People Right Next to You

Wil jy graag alles in jou vermoë doen vir die mense wat jy liefhet en vir ander wys hoe kosbaar hulle vir God is? In hierdie 5-dag leesplan, wat gebaseer is op Hosanna Wong se boek "How (Not) to Save the World", ontdek j...

More

Ons wil graag HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson bedank vir die verskaffing van die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/savetheworldyouversion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid