Leesplan inligting

Hoe om (Nie) die Wêreld te Red (Nie): Die Waarheid oor die Openbaring van God se Liefde aan die Mense om JouVoorbeeld

How (Not) to Save the World: The Truth About Revealing God’s Love to the People Right Next to You

DAG 2 VAN 5





Hoe om (Nie) die Wêreld te Red (Nie): Veg om Reg te Wees



Ek was 18 jaar oud toe my pa aan kanker oorlede is. My jonger boetie, Elijah, was toe 12 jaar oud.



Elijah het hom emosioneel afgesluit en wou met niemand praat oor hoe hy voel nie. Hy wou nie oor my pa praat nie, nog minder oor God. Dit het gevoel asof daar geen manier was om tot hom deur te dring nie. 



Ek was honderde kilometers ver op universiteit en wanneer ek gebel het om te hoor hoe dit met hom gaan, wou hy net oor strokiesprentboeke gesels. Ek het gou besef dat as ek 'n verhouding met my broer wil hê, ek myself in sy wêreld sal moet inleef. Ek sou moes begin om strokiesprentboeke te lees. Nie sommer net oppervlakkig nie, maar ek moes my met dieselfde gevoel as hy daarin inleef. Ek moes leer hoe hy die wêreld sien. Gedurende die volgende paar maande, wanneer ek hom gebel het, het ons baie gehad om oor te gesels. 



Wanneer ons tyd afstaan om deel te word van ander se leefwêreld, kan ons meer doeltreffend saam gesels oor die werklikheid van hulle lewe. Ons wil dikwels graag die regte ding doen en sê, maar ons oorweeg nie vooraf of die inhoud van ons perfekte, geestelike toesprake vir die toehoorder ontvanklik gaan wees nie. 



Ons word dikwels kwaad vir diegene in ons lewe wat nie op die geestelike vlak is wat ons wil hê hulle moet wees nie — en wat nie die wêreld sien soos ons dit sien nie. Ons wil hê dat hulle hulself in ons wêreld moet inleef. Om doeltreffend te wys wie Jesus werklik is en die lewe wat Hy vir ons bied, sal ons onsself moet inleef in ander se leefwêreld, hulle spreektaal en gewoontes moet verstaan en opofferings moet maak om doeltreffende verhoudings te kweek. Ons moet ander liefhê soos God ons liefhet. Voordat hulle ons liefhet, moet ons hulle liefhê. Voordat hulle ons kies, moet ons hulle kies. Voordat hulle in ons wêreld inbeweeg, moet ons in hulle wêreld inbeweeg. 



Baklei of stry om reg te wees? Dit is die perfekte manier om (nie) die wêreld te red (nie). 



Ons moet ophou om te baklei en te stry om altyd reg te wil wees en eerder begin werk aan ons verhoudings. 



Dit was ongeveer elf jaar later toe my broer vir my man gesê het dat hy sy lewe aan Jesus wil gee. Elf jaar om op 'n dieper vlak te leer wie my broer is; en omgee waarvoor hy omgee en aan ons verhouding werk. 



Een van die name van Jesus, is Immanuel, wat beteken: "God by ons". Hy vra ons om ook by ander mense te wees. Om te hoor hoekom hulle seer het. Om in hulle seerkry by hulle te wees.



Baie keer sal jou beste getuienis wees om net by die persoon te wees.



God vra van ons om mense werklik te leer ken, sodat hulle Hom werklik kan leer ken. Dit gaan nie maklik wees nie, maar dit gaan lewens verander. Dit sal ander help om te weet hoe geliefd hulle is. Niemand haat dit om liefde te ontvang nie.







Optrede



By wie kan jy wees, daar waar hulle is? Wie se uitkyk op die lewe kan jy leer verstaan?



Wat is die gevaar wanneer Jesus se volgelinge altyd stry oor wat reg is, in plaas daarvan om aan verhoudings te werk?



Hoe anders kan ons gesinne, ons kerke en ons wêreld wees as ons eerder vír mense en goeie verhoudings met hulle veg as téén hulle?






Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

How (Not) to Save the World: The Truth About Revealing God’s Love to the People Right Next to You

Wil jy graag alles in jou vermoë doen vir die mense wat jy liefhet en vir ander wys hoe kosbaar hulle vir God is? In hierdie 5-dag leesplan, wat gebaseer is op Hosanna Wong se boek "How (Not) to Save the World", ontdek j...

More

Ons wil graag HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson bedank vir die verskaffing van die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/savetheworldyouversion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid