Leesplan inligting

In Jesus Is Jy...Voorbeeld

In Jesus Is Jy...

DAG 3 VAN 29




In Jesus Is Ek 'n Nuwe Mens


Lees: 2 Korintiërs 5:17, Kolossense 3:9–10


SOAP: 2 Korintiërs 5:17


“Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.”





Oordenking


Wie dink jy is jy? Gesê met 'n sekere houding, is dit 'n vraag wat ons verdedigend, uit plek of skuldig laat voel. As dit egter met opregte belangstelling gevra word, kan dit ons lei om stil te raak en te besin, in ag genome al die elemente wat van ons maak wie ons is. Ons voorouers, ons werk, ons stokperdjies, die fase van ons lewe en ons verhoudings is net 'n paar maniere waarop ons onsself identifiseer.


In hierdie studie sal ons tyd neem om hierdie vraag deur 'n Bybelse lens te antwoord terwyl ons ontdek wie ons is in Jesus. Wie sê Hy is ons? Watter titels en rolle ken Hy aan ons toe? Hoe beïnvloed ons verhouding met Hom ons identiteit?


Ons Skriflesing vir vandag kom uit 2 Korintiërs, 'n brief in die Nuwe Testament wat deur Paulus geskryf is aan 'n vroeë Christelike kerk in 'n stad met die naam Korinte. In hierdie gedeelte van sy brief moedig Paulus die vroeë kerkleiers aan om te begryp dat hulle nie net met God versoen is deur die geboorte, dood en opstanding van Christus nie, maar dat hulle hulself - en ander gelowiges - as nuwe mense moes sien.


Dit kan moeilik wees om te aanvaar dat iemand wat ons ons hele lewe lank geken het, regtig verander het as ons hulle net op een manier geken het. Paulus het die kerk, wat ons insluit, daaraan herinner om nie op die uiterlike identiteit van ander gelowiges te fokus nie, maar op ons nuwe identiteit. In Jesus is ons 'n nuwe mens. Die ou manier van dinge doen, gedagtes en motiverings kan in die verlede agterbly terwyl ons in vryheid wandel na die volgende stap in ons reis saam met Jesus.




Gebed


Vader, dankie dat U Jesus gestuur het om te lewe en te sterwe en weer opgewek te word sodat ek 'n nuwe mens kan word. Ek bid dat my woorde en dade eer aan U sal bewys, sodat ek maklik as u kind geïdentifiseer kan word. Help my om in vryheid te wandel en die oue agter te laat, sodat ek met ope arms kan aanneem wie U sê ek is. Amen. 


 



















Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

In Jesus Is Jy...

Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid