Leesplan inligting

Vroue Van Die BybelVoorbeeld

Vroue Van Die Bybel

DAG 7 VAN 7

Hoe om God te volg: Die begin van die reis





Het jy geweet dat jy al ’n baie, baie lang tyd in God se hart en gedagtes is? Selfs voor tyd nog bestaan het, was jy al in sy gedagtes. Hy wou nog altyd hê jy moet Hom ken in ’n persoonlike, doelgerigte verhouding. Hy het ’n doel vir jou lewe en dis gegrond op sy groot liefde vir jou. Jy kan vir seker weet dis ’n goeie doel en dit hou vir ewig. Ons tyd hier op aarde is maar net die begin. God het ʼn wonderlike plan wat teruggaan tot in die ewige verlede en reik tot in die ewige toekoms. 


Om God persoonlik te leer ken beteken jy moet kies om Jesus Christus aan te neem as jou persoonlike Verlosser en Here. 


• Eerstens moet jy erken dat jy gesondig het, dat jy nie in eenheid met God lewe nie en Hom nie behaag of verheerlik deur jou lewe nie (Rom. 3:23; 6:23; 8:5-8).


• Dit beteken jy moet berou hê oor jou sonde – anders begin dink, jou tot God wend en jou rug keer op die sonde – en sy vergifnis gebaseer op sy kruisdood vir jou in geloof aanvaar (Rom. 3:21-26; 1 Pet. 3:18).


• Dit beteken dat jy jou lewe oopstel om Hom te ontvang as jou lewende, opgestane Here en Verlosser (Joh. 1:12). Hy het belowe om te kom en deur sy Gees in jou te woon en te lewe as die Verlosser en Meester van jou lewe (Joh. 14:16-21; Rom. 14:7-9).


• Hy wil sy lewe deur jou leef; jou verander na sy beeld, sy vrug deur jou dra en jou die krag gee om oorwinnend te lewe (Joh. 15:1, 4-8; Rom. 5:17; 7:4; 8:29, 37).


Jy kan nou na Hom toe kom. Vertel Hom eenvoudig in jou eie woorde dat jy Hom graag persoonlik wil ken en dat jy gewillig jou sondes bely en sy vergifnis en sy lewe ontvang. Sê vir Hom jy wil Hom vir altyd volg (Rom. 10:9-10, 13). Welkom by die huisgesin van God en by die wonderlikste reis wat daar is!





Hierdie oordenkings is saamgestel uit VROUE VAN DIE BYBEL deur Wayne Barber, Eddie Rasnake en Richard Shepherd © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Vroue Van Die Bybel

Om God te volg is beslis nie aldag maklik nie! Nie vandag nie, en ook nie 2 000 jaar gelede nie. In hierdie leesplan kan jy stilstaan by ses inspirerende vroue uit die Bybel en sien hoe hulle God gevolg het – ten spyte v...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid