Leesplan inligting

Vroue Van Die BybelVoorbeeld

Vroue Van Die Bybel

DAG 3 VAN 7

RUT: Om ons verlosser te volg




Die verhaal van Rut is die ware verhaal van ’n vrou wat gekies het om die Here God van Israel te volg en gevind het dat Hy vol medelye en getrou is, vol genade en liefde. Dis die verhaal van ’n lewe van geloof; van oorgawe aan die Here, van Hom en sy weë volg. 


Rut het gesien dat die Here betrokke is by die oënskynlik klein gebeurtenisse van ’n mens se lewe sowel as by die epogmakende gebeure van volke. Sy het ontdek dat hierdie Here die magtige en soewereine Here oor alle nasies is, sowel as die sorgsame Verlosser van haar lewe.


Rut wys vir ons dat om God te volg sy probleme, sy tye van geloof het wanneer daar min sigbare dinge (indien enigiets) is wat jou help op die pad. Haar lewe wys dat om Hom te volg die pad van suiwerste vreugde, sekerste lewe en grootste vrede is. In Rut se geval was dit ook die pad van die grootste beloning, want sy sou deel word van die geslagslyn van die Messias, die Verlosser van Israel. Hy sou kom vir almal wat hulle in geloof en vertroue aan Hom sou oorgee. 


Ons kan by Rut baie leer van die getroue Messias wat sy leer ken het, die Een groter as Boas, die ware Wortel (of voorouer) van Dawid. Namate ons Hom leer ken, kan ons ook nuwe lewe en ’n wonderlike beloning vind, want Hy is die Een wat ons red van ons ou weë en ons lei om Hom te volg.


Rut se oorgawe aan die Here is duidelik. Boas vergelyk haar verhouding met die Here met dié van ’n klein voëltjie wat skuiling soek onder sy ma se vlerke (Rut 2:12). Rut het na Israel gekom om skuiling, beskerming en veiligheid in die Here te soek.




Waar soek jy skuiling? In ’n bankrekening? In ’n werk of loopbaan? In sport? In jou intellektuele vermoëns? In jou talente? In jou sosiale posisie? In ’n magdom materiële dinge? In gewildheid? Daar is baie vals paaie om te volg op soek na sekuriteit en beskerming. Die Here is ons toevlug. Hy kan ons bedek met sy vleuels sodat ons waarlik vir altyd beskerm is.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Vroue Van Die Bybel

Om God te volg is beslis nie aldag maklik nie! Nie vandag nie, en ook nie 2 000 jaar gelede nie. In hierdie leesplan kan jy stilstaan by ses inspirerende vroue uit die Bybel en sien hoe hulle God gevolg het – ten spyte v...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid