Leesplan inligting

Vroue Van Die BybelVoorbeeld

Vroue Van Die Bybel

DAG 1 VAN 7

EVA: Om God te volg nadat ons misluk het




Alles het nie goed afgeloop in die Tuin van Eden nie. Deur Eva se tevredenheid aan te val was die Satan in staat om opstand by die mens te verwek en so het sonde in die wêreld gekom. Eva bied ’n baie menslike prentjie van hoe ’n mens in sonde val, en die proses om die stukke van geloof weer op te tel. 


Toe Eva haar gesprek met die slang begin het, het sy geen idee gehad hoe verreikend die gevolge sou wees nie. Net so skat ons dikwels ook ons versoekings gering. Ons besef nie dat sonde gevolge het wat geslagte ver strek nie. Elke keer as ek sondig, word iemand anders daardeur geraak. Hulle kan óf geraak word deur die een of ander direkte gevolg van die sonde, óf hulle kan geraak word deur die verlies aan die bediening en lewe wat ek kon gegee het as ek aangehou het om met God te wandel. Ons leer op ’n pynlike manier by Eva dat om met die duiwel te praat en om met God te wandel nie hand aan hand gaan nie.


Ons sien in Genesis 3:7 dat Adam en Eva begin om hul mislukking te hanteer deur weg te kruip. Dis die reaksie van ons sondige natuur (ons “vlees”) om te probeer wegkruip wanneer ons sondig. In Adam en Eva sien ons ons eie neiging om weg te kruip as ons sondig. Dis hierdie einste neiging wat ons vervreem van ander gelowiges en van God, en wat verhoed dat ons die sonde agter ons kan sit.


Dalk is die diepsinnige les hier dat God na die mens toe kom. Ons sien hier dat God na Adam roep: “Waar is jy?” Natuurlik weet God waar Adam is, maar Hy wil hê Adam moet erken waar hy is en waarom hy daar is. Dis ʼn uitnodiging om berou te toon. Hy kom ook om verantwoording te eis. Hy gaan nie toelaat dat Adam en Eva daarin slaag om weg te kruip nie. Hy kom in oordeel, maar vermeng met genade, want Hy belowe om ʼn Verlosser te stuur.




As ons afdwaal van die waarheid van die Woord van God is daar altyd gevolge. Neem ’n paar minute om te kyk of jy kan dink aan die gevolge van sonde wat jy in jou lewe of in die lewe van mense wat jy ken, gesien het.



Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vroue Van Die Bybel

Om God te volg is beslis nie aldag maklik nie! Nie vandag nie, en ook nie 2 000 jaar gelede nie. In hierdie leesplan kan jy stilstaan by ses inspirerende vroue uit die Bybel en sien hoe hulle God gevolg het – ten spyte v...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid